kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wees gesonder, hou op rook

Teken 31 Mei in jou dagboek aan as die laaste dag wat jy ’n dampie gaan maak en neem Geen Tabak-dag ernstig op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tabakgebruik is die enkele mees voorkombare oorsaak van sterftes wêreldwyd en is verantwoordelik vir ’n beraamde 10% van volwasse sterftes wêreldwyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Allison Vienings, uitvoerende direkteur van SMASA (Self Medication Association of South Africa), sê die gevaar van tabak lê in die manier waarop dit werk. Omdat daar ’n geleidelike afname in gesondheid oor ’n paar jaar is, neem mense nie die fisieke tekens ernstig op nie, meen sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Tabak het in die 20ste eeu meer as 100 miljoen sterftes veroorsaak en dit kan ’n miljard sterftes in die 21ste eeu veroorsaak.

• ’n Geskatte ses miljoen mense sterf jaarliks wêreldwyd weens tabakgebruik. Sowat 600 000 daarvan is nie-rokers wat aan tweedehandse rook sterf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• In Suid-Afrika gebruik ’n geskatte 7,7 miljoen volwassenes tabak en ’n verbysterende 29, 5 biljoen sigarette word jaarliks verbruik. Tabak-verwante siektes veroorsaak meer as 44 000 sterftes jaarliks in Suid-Afrika, volgens die World Health Organisation.

“Die voordele van ’n gesonde dieet en gereelde oefening baat nie as jy steeds rook nie. Sigarette bevat meer as 4 000 chemiese verbindings en minstens 400 giftige stowwe. Dit sluit in produkte soos teer, nikotien en koolstofmonoksied, verduidelik Vienings.

• Die gesondheid van nie-rokers word in gevaar gestel deur blootstelling aan tweedehandse rook. Inaseming van tweedehandse rook verhoog die risiko van die ontwikkeling van longkanker of hartsiektes met sowat 25 persent by ’n nie-roker.

Sommige van die siektes wat verband hou met tweedehandse rook sluit in hartsiektes, longkanker en irritasie van die oë en neus in volwassenes en by kinders en babas ’n verhoogde voorkoms van asma, hoes, benoudheid en longontsteking.  Die voordele van ophou rook sluit in ’n laer risiko van diabetes. Jou bloedvate funksioneer beter en help sodoende die hart en longe se funksie.

“Dit is nooit te laat om ’n gesonde leefstyl te lei nie, ” sê Vienings.

Dit is beter as jy ophou terwyl jy jonger is, maar as jy ouers is, sal dit die gevolge van rook verminder.

“Vervang rook met gereelde oefening om siekte te beveg. Neem ook gesonde voedingstowwe soos vrugte en groente in om jou drange na rook in toom te hou,” sê Vienings.

*Lees ook hier hoe rook jou vel beïnvloed.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

24 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.