kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wees eerlik met jou dokter

Die risiko op hartsiektes, skildklierprobleme, hoë bloeddruk, kanker (bors-, kolorektaal en serviks), verhoogde cholesterolvlakke, diabetes, osteoporose, en natuurlik ook omdat jy nou die menopouse nader, maak korrekte inligting noodsaaklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Adri Kok, internis-spesialis by die Uniehospitaal in Alberton, sê mense moet bewus wees van risiko en simptome. “Dis selfs belangrik om jou dokter te vertel watter vitamienaanvullings en pynpille jy gebruik, want dit kan verskeie dinge beïnvloed – van hoe jou liggaam medisyne absorbeer tot chroniese bloeding.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Een van my pasiënte het besluit om nie meer haar cholesterolmedisyne te neem nie omdat haar vriendin wat dieselfde medisyne neem, spierpyne ontwikkel het,” vertel dr. Marius Visser*.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek was baie bekommerd toe dié vyftigplusser ’n paar maande later terugkom en haar bloedtoetse steeds verhoogde cholesterolvlakke wys. Natuurlik het ek besluit haar dosis moet verdubbel word. Sy het toe skaam erken dat sy haar medikasie gestop het. Dit was nie wys van haar nie, en sy moes my eerder geraadpleeg het voor sy die besluit geneem het. Sy het haar aan die verhoogde risiko van ’n hartaanval of beroerte blootgestel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Een van die gevaarlikste dinge wat pasiënte kan doen, is om hul medisyne te stop sonder om die dokter te raadpleeg.”

Dr. Quinten Fourie, algemene praktisyn van Vaalpark, Sasolburg, sê as jy die beste hulp wil hê, moet jy jou dokter al die “instrumente” gee om jou na sy beste vermoë te help.

“Die inligting wat ek van die pasiënt kry, is deel van my proses om ’n diagnose te maak. As sekere inligting weerhou word, kan ek selfs verkeerde besluite neem. As jy nie vir my die volle waarheid oor jou hallusinasies vertel nie, kan ek jou na die verkeerde spesialis verwys. Dit kan maak dat ons nooit agterkom dat jy temporale lob-epilepsie het, en nie ’n bipolêre gemoedsversteuring nie.”

Marinda* sê kolonkanker sou in ’n vroeër stadium by haar gediagnoseer en behandel kon word as sy eerlik met haar dokter was.

“Ek het bloed in my stoelgang ontdek, maar eers net vir die dokter gesê dis ’n aambei wat pla. Omdat ek nie lus was vir ’n ondersoek nie, het ek nie al die simptome genoem nie. Sy het medisyne voorgeskryf en ek het gehoop die bloeding sal stop. Dit het nie. Ek is ná ’n maand terug, is gestuur vir ’n kolonoskopie en kolonkanker is gediagnoseer. Behalwe maande se behandeling, moes hulle ook ’n stuk van my dikderm verwyder.”

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is

• Laat neem jou bloeddruk

Hoë suikervlakke
Toets: Bloedtoets. “Hoë suikervlakke kan tot diabetes of obesiteit lei,” sê Adri.

Osteoporose
Toets: Beendigtheid. “Jou risiko is selfs groter as jy geen of min kalsium inneem, nie gewigdraende oefening doen nie en rook,” sê Adri.

Borskanker
Toets: Mammogram en sonar. “10% van klein letsels word nie deur ’n mammogram opgetel nie. Dis wys om albei toetse te doen,” sê Adri.

Kolorektale kanker
Toets: Stoelgangtoets en kolonoskopie. “As daar enige onverklaarbare verandering in jou stoelganggewoontes is (jy is skielik hardlywig, waar jy vroeër nooit gesukkel het nie), of as jy bloedarmoede het, moet jy jou dokter vertel,” sê Adri.

Servikale kanker
Toets: Papsmeer. “Jy moet dié toets laat doen vandat jy seksueel aktief is, of as daar ’n familiegeskiedenis van servikale kanker is,” sê Adri.

Skildklier
Toets: Bloedtoets met ’n TSH-vlak. “’n Onderaktiewe skildklier affekteer alle organe, lei tot gewigtoename, droë vel, kan jou hartklop afbring, baie laat bloei as jy nog menstrueer en jou sommer net moeg laat voel,” sê Adri.

Cholesterol
Toets: Bloedtoets wat die LDL- (die “slegte” cholesterol), HDL (“goeie” cholesterol) en trigliseriede (veroorsaak inflammasie) toets. Jou LDL moet onder 1,8 wees (jy word met ‘n LDL van 1 gebore), HDL moet meer as 1,2 wees.

Wees bewus van jou gewig

Abdominale vet is slegte vet. Die omtrek van jou middellyf moet onder 84 cm wees, anders neig jy na obesiteit. Die enigste bevolkingsgroep op wie dit nie van toepassing is nie, is die Oosterlinge, wie se liggaamsbou kleiner is. Die risiko’s van slegte vet is hartsiektes, kanker (bors- en uteruskanker) en osteoartritis.

*Skuilname

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.