As jy by die bekende Fancourt Hotel of die Manor House op George gaan uitspan – ja, daar waar gholf met ’n hoofletter gespel word – sal jy tot en met jou terugvlug op die hande gedra word.
Fancourt se private vertreksitkamer het pas ’n nuwe baadjie gekry. Hier kan elke hotelgas in lugversorgde weelde grootskermtelevisie kyk of by ’n werkstasie werk en terselfdertyd komplementêre drankies en versnaperinge geniet.
Om by vlugtye aan te pas, is die sitkamer Maandae tot Donderdae oop van 6.00 tot 18.00; Vrydae van 6.00 tot 20.00; Saterdae van 7.00 tot 15.00; en Sondae van 7.00 tot 19.30.
Meer inligting by +27 44 804 0000 of www.fancourt.co.za