kategorieë: Nuut & NouKos

Wedgewood Nougat: Van toe tot nou

Wedgewood hangemaakte-nougat is in 1999 deur Gilly Walters, vanuit haar kombuis, begin. Gilly was nog altyd welbekend vir haar kulinêre kreatiwiteit en het destyds begin om klein hoeveelhede van haar heuning-nougat te maak en by plaaslike boeremarkte te verkoop. Oor die jare het haar besigheid gegroei, wat daartoe gelei het dat sy die produksie van haar smullekker soetgoed na haar dubbel-motorhuis moes skuif. Teen 2006 het die onderneming só uitgebrei dat Gilly ’n topklas fabriek in KwaZulu-Natal aangeskaf het en produksie daarheen verhuis het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag is Wedgewood Nougat ’n huishoudelike naam regoor Suid-Afrika. Dit het selfs ’n familie-besigheid geword! Haar drie seuns en een skoondogter is vandag by die onderneming betrokke en sorg sodoende dat Gilly se passie vir volhoubaarheid en kwaliteit in elke produk voortleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedert 1999 word alle Wedgewood-nougat steeds met die hand gemaak en word net die beste bestanddele gebruik. Alle produkte is vry van preserveermiddels, asook kunsmatige kleursel en-geure. Vars plaaseiers, topklas neute en plaaslike heuning is die kernbestanddele wat dié soethappies so lekker maak.

Tog is Wedgewood nie net bekend vir hul nougat nie. Die heerlike Angels-koekies is ook deel van dié reeks. Elke koekie bevat versteekte stukke nougat en heuning, vir ’n onvergeetlike teetyd-ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Beskikbaar by uitgesoekte winkeltakke en onafhanklike handelaars. Besoek die webblad hier

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp
Tags: nougat

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.