Watter tipe reinigingsformule het jou wasgoed nodig? Inligting en foto’s verskaf. {Promosie}
Ariel bied nou ’n nuwe reeks reinigers wat kleure helder hou, ’n langdurige laventelreuk bevat, babaklere sagkens was of “pods” wat wasdag vir jou makliker sal maak.
Ariel Colour
Ariel Colour is spesiaal geformuleer om veral jou gekleurde klere helder te hou – selfs ná baie kere se was. Ariel Colour bevat geen bleikmiddel nie, wat dit veilig maak om op enige patroon of kleur te gebruik.
Ariel Lavender
Indien jy wil hê dat jou klere ’n geur moet bevat wat langer hou, probeer gerus Ariel Lavender. Deur jou bedlinne in dié laventelgegeurde wasgoedmiddel te was, sal dit ’n langdurige laventelgeur hê wat jou aan die slaap sal help sus. Probeer dit sommer ook vir jou nagklere.
Ariel Baby Liquid Detergent
Ariel Baby is die nommer een reiniger om deur die Skin Health Alliance goedgekeur te word. Dit beteken Ariel Baby is ideaal vir babaklere, babakombersies en baba se bedlinne.
Ariel Baby sal die materiaal van jou baba se klere dus sag hou sodat dit nie die vel irriteer nie.
Ariel 3in1 Pods met ’n tikkie Downy
Ariel 3in1 Pods maak wasgoed was maklik en vinnig. Sit net een van die pods in die drom van jou wasmasjien, voeg die wasgoed by en begin die wassiklus – so maklik! Ariel se reeks bestaan nou ook uit hulle 3in1 Pods met ’n tikkie Downy vir selfs meer varsheid in elke was.
Vind meer uit oor die verskillende Ariel-wasmiddels op die Ariel-webwerf.
Vir wenke en wasgoedadvies, besoek hulle facebook-blad – ArielSouthAfrica