Ovaal
Jou gesig is een en ’n half keer so lank as wat dit wyd is. Jou gesigvorm word as ideaal beskou, want dit is nie te kort of te lank nie. Byvoorbeeld Megan Fox.
Rond
Jou gesig is byna net so wyd as wat dit lank is. Dit is amper dieselfde as ’n ovaal-gesig, maar korter met ’n ronde kakebeen. Mense dink dalk dikwels jy lyk jonk vir jou ouderdom. Byvoorbeeld Kirsten Dunst.
Langwerpig
Jou gesig lyk amper ovaalvorming, maar is langer en nouer. Jou gesig lyk redelik slank. Byvoorbeeld Liv Tyler.
Vierkantig
Jou haarlyn is min of meer dieselfde wydte as jou kakebeen-lyn. Jou gesig lyk sterk en hoekig. Byvoorbeeld Angelina Jolie.
Driehoekig
Jou kaaklyn is wyer en jou voorkop nouer. Jy lyk ook jonk vir jou ouderdom. Byvoorbeeld Ali Larter.
Hartjie
Jou wangbene is die wydste deel van jou gesig en jou voorkop een kaaklyn is min of meer dieselfde breedte. Byvoorbeeld Scarlett Johansson.
Diamant
Jou slape en voorkop is wyer en jou ken is nouer. Jy wangbene is gewoonlik ’n groot bate as jy hierdie vorm het. Byvoorbeeld Liz Hurley.