Jou ouma se oë is eeue gelede getoets op presies dieselfde wyse as wat joune vandag getoets word, met letters van verskillende groottes en lense van verskillende sterktes tot jy gemaklik lees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Almal is op dieselfde manier getoets, en dieselfde lense is gemaak en pas vir een en almal oë, verduidelik Rudine Diedericks, optometris van Mellins in Fourways, Johannesburg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maar eintlik verskil mense se oë dramaties. Selfs jou twee oë verskil van mekaar. Waarskynlik verskil die sig van die verskillende dele van jou oog óók, want elkeen van jou oë het sy eie unieke ‘oogafdruk’.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Tot onlangs toe was daar eintlik geen manier om hierdie klein individuele verskille op te tel nie.
Dit is nou tot die i.Scription-oogtoets van Zeiss ontwikkel is, wat met rekenaartegnologie elke oog evalueer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die i.Scription-oogtoets lees 2 500 punte op elke oog elektronies en baseer daarop ’n hoogs spesifieke lensvoorskrif.
Lense wat hiervolgens gemaak word, is vier keer meer akkuraat as lense gebaseer op die standaard oogtoetse.
Met so ’n nommerpas lens is jou nagvisie, sig in laelig-toestande en vermoë om kleure en kontraste te onderskei, gemiddeld 30% beter as met ander lense.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.