kategorieë: Gesondheid

Watter medisyne is die beste vir my verkoue?

Niks kan jou verkoue oornag laat verdwyn nie. Maar met die regte medisyne kan jy darem beter voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat moet jy drink?
Verkoues verskil van mekaar: party laat jou nies en nies, terwyl ander eerder jou keel seer laat voel of jou laat hoes totdat dit voel asof jou ribbes wil breek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kyk die lysie (tabel onder) deur, sodat jy die soort kies wat die beste by jou simptome pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verkouemiddels kan net een of ’n kombinasie van bestanddele bevat wat elkeen op sy eie manier jou verkoue help. Maar daar is ’n horde soorte op die rak – en elke jaar kom nuwe name by. Gelukkig, of ongelukkig, is daar nie werklik nuwe aktiewe bestanddele in die middels nie. Dus kan jy maar net die invoegsel lees, of op die houer kyk om die aktiewe bestanddele op te spoor. Besluit dan watter van jou simptome pla jou die meeste. Kies op grond daarvan die middel wat jou spesifieke simptome gaan verlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die verkouesimptoom wat jou die meeste pla Die soort verkouemiddel wat daarvoor help
Jy nies baie, jou neus loop, jou oë traan en jy het ’n postnatale drup Kies ’n verkouemiddel met ’n antihistamien
Jou neus is toe en jou sinusse is seer Kies ’n verkouemiddel met ’n dekongestant
Jy hoes swaar, nat hoese Kies ’n verkouemiddel met ’n ekspektorant
Jy hoes onophoudelik maar dit is ’n droë hoes en jy hoes niks uit nie
Kies ’n verkouemiddel met ’n hoesonderdrukker.
Gebruik egter jou goeie oordeel: as jy niks uithoes omdat jou slym te dik is moet jy eerder ’n
ekspektorant gebruik
Jy haal swaar asem, asof jy asma het Kies ’n verkouemiddel met ’n bronchodilator.
Gebruik egter jou goeie oordeel.
As jy swaar asemhaal,het jy moontlik bronchitis of longontsteking. Altwee is ernstige komplikasies na ‘n verkoue.
Gaan eerder dokter toe, veral as jy koorsig is

Lees ook: Die soorte verkouemedisynes, Hoe goed werk verkouemiddels, Kruie en vitamine vir jou verkoue

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 hour Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.