Niks kan jou verkoue oornag laat verdwyn nie. Maar met die regte medisyne kan jy darem beter voel.
Wat moet jy drink?
Verkoues verskil van mekaar: party laat jou nies en nies, terwyl ander eerder jou keel seer laat voel of jou laat hoes totdat dit voel asof jou ribbes wil breek.
Kyk die lysie (tabel onder) deur, sodat jy die soort kies wat die beste by jou simptome pas.
Verkouemiddels kan net een of ’n kombinasie van bestanddele bevat wat elkeen op sy eie manier jou verkoue help. Maar daar is ’n horde soorte op die rak – en elke jaar kom nuwe name by. Gelukkig, of ongelukkig, is daar nie werklik nuwe aktiewe bestanddele in die middels nie. Dus kan jy maar net die invoegsel lees, of op die houer kyk om die aktiewe bestanddele op te spoor. Besluit dan watter van jou simptome pla jou die meeste. Kies op grond daarvan die middel wat jou spesifieke simptome gaan verlig.
Die verkouesimptoom wat jou die meeste pla | Die soort verkouemiddel wat daarvoor help |
Jy nies baie, jou neus loop, jou oë traan en jy het ’n postnatale drup | Kies ’n verkouemiddel met ’n antihistamien |
Jou neus is toe en jou sinusse is seer | Kies ’n verkouemiddel met ’n dekongestant |
Jy hoes swaar, nat hoese | Kies ’n verkouemiddel met ’n ekspektorant |
Jy hoes onophoudelik maar dit is ’n droë hoes en jy hoes niks uit nie |
Kies ’n verkouemiddel met ’n hoesonderdrukker.
Gebruik egter jou goeie oordeel: as jy niks uithoes omdat jou slym te dik is moet jy eerder ’n
ekspektorant gebruik |
Jy haal swaar asem, asof jy asma het | Kies ’n verkouemiddel met ’n bronchodilator. Gebruik egter jou goeie oordeel. As jy swaar asemhaal,het jy moontlik bronchitis of longontsteking. Altwee is ernstige komplikasies na ‘n verkoue. Gaan eerder dokter toe, veral as jy koorsig is |
Lees ook: Die soorte verkouemedisynes, Hoe goed werk verkouemiddels, Kruie en vitamine vir jou verkoue