kategorieë: Leef gesondGesondheid

Watter kosse veroorsaak jig?

Jig (gout in Engels) is ’n spesifieke soort inflammasie wat deur uriensuurkristalle gesneller word. Dit tas meestal jou groottoon se basisgewrig aan. Jig kan met artritis verwar word maar daar is vier groot verskille tussen die twee toestande:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Jig slaan binne ure toe, terwyl artritis meestal ’n chroniese toestand is wat oor maande opbou.
  • Anders as artritis word jig deur sekere kosse gesneller.
  • Jig is ’n inflammasie, sonder verwering van die gewrigte, terwyl artritis te doen het met gewrigte wat verweer is en pynlik been op been skuur.
  • Jig kan redelik doeltreffend met jou dieet beheer word, terwyl dieet slegs’n effense verskil aan artritis maak.

Die soorte kos wat jig sneller val in twee groepe: die wat uriensuur bevat en die wat purien bevat. Die liggaam breek puriene af na uriensuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou liggaam hou jou uriene deur ’n stelsel van buffers redelik suur. Die laer pH keer dat organismes daarin groei, en hou dus jou uriene steriel. Die probleem is dat jou dieet kan veroorsaak dat jou liggaam te veel uriensuur moet hanteer. Net soos sout in ’n sterk soutoplossing kan uitsak, vorm die oormaat uriensuur naderhand kristalle. Hierdie kristalle is geneig om in die gewrigte neer te slaan, waar hulle dan inflammasie en daardie pynlike, rooi jiggewrigte veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is dus twee maniere om uriensuur laag te hou en só jig te keer, naamlik deur:

  • Minder kos te eet wat ryk aan puriene is wat afbreek na uriensuur
  • Minder kosse te eet wat uriensuur veroorsaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter kosse veroorsaak jig?

Orgaanvleis

Lewer, niertjies, skilpadjies, lewer in netvet, niertjie-en-biefstuk-pasteitjies, hoenderlewertjies, lewerpatee, afval.

Alkohol

Vermy wyn van enige soort tydens ’n aanval. As die aanval bedaar het, kan jy ’n maksimum van een sopie wyn per dag drink. Maar as dit die jig weer sneller, is jy beter af sonder alkohol.

HFCS (high fructose corn syrup)

Dit kom veral in gekoopte soetgoed en drinkgoed voor. Jy sal die etiket moet bestudeer om HFCS op te spoor.

Fruktose

Hierdie vrugtesuiker word dikwels as alternatief vir suiker gebruik – en kan noudat ons suikerbelasting het toenemend gebruik word. Hoe weet jy kos bevat fruktose? Kyk op die etiket. Dit word soms ook as ’n suikeralternatief gebruik in kos vir diabete.

Te veel vrugte

Die maksimum vrugte is twee klein vrugte – elkeen so groot soos ’n tennisbal – per dag. As jy steeds jig kry, moet jy sorg vir vyf porsies groente per dag. Onthou, droëvrugte tel ook as vrugte. Elke pruimedant en gedroogde perske of peer tel as ’n halwe vrug.

Vrugtesap

Ook alles wat met vrugtesap of vrugtesap-konsentraat versoet is. Kyk op die etikette van veral gesondheidskosse, asook melkdrankies en versoete jogurt. Dit gebruik dikwels vrugtesap as ‘natuurlike’ versoeter.

Te veel rooivleis

Soos bees, skaap en vark.

Te veel vis en skulpvis

Ook vissmeer. Selfs tuna en sardiens kan probleme gee. Toets en kyk of dit jig by jou sneller.

Te veel sout

Sny op sout, soutsmere en vleissous.

Te veel suiker

Minder suiker is altyd beter. Kies nagereg en gebak soos beskuit en melktert wat minder suiker bevat, eerder as iets soos fudge wat byna net uit suiker bestaan.

Kosse wat jig keer

Koffie kan help om jig te keer – maar ook nie ’n oormaat daarvan nie.

Witvis soos stokvis en  hoender – omdat jy minder rooivleis eet.

Laevetmelk, jogurt – omdat jy minder vette inneem.

Is daar medikasie vir jig?

Ja, daar is. Dit is baie doeltreffend, maar dit het ook nadele. Hou die medikasie vir noodgevalle en vermy liewer die kos wat jig veroorsaak. Onthou, uriensuur beskadig jou gewrigte, al is die vlakke aanvanklik so laag dat jy nie pyn ervaar nie.

Gebruik jou eie goeie oordeel: dit is net so nadelig om jig onbehandeld te laat. As jy chronies jig het, gaan spreek jou dokter en kry medikasie. Dit is die beste vir jou gewrigte. Jy sal in elk geval saam met die medikasie steeds kos wat jig veroorsaak moet uitsny

Ander raad vir jig

Sekere mense is meer geneig tot jig. Kyk na die lysie hieronder. Party faktore is onder jou beheer, ander nie. Jy kan jou kanse op jig – en veral op ’n volgende aanval – verminder deur soveel as moontlik van hierdie probleme uit te sorteer.

  • Oorgewig – veral as jy ’n appelfiguur het
  • Hoë bloeddruk
  • Insulienweerstandigheid, vroeë diabetes en diabetes
  • Daaglikse gebruik van aspirien
  • Nierprobleme
  • Drankgebruik
  • Familiegeskiedenis. Jy kan niks hieraan doen nie, maar dit is juis vir jou belangriker om kos wat uriensuur veroorsaak van jongs af te beperk.

Lees ook: Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

49 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

57 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.