kategorieë: Leef gesondGesondheid

Watter kankertoetse werk?

Toets: Histopatologiese ondersoek

Doel: Is daar kanker? Watter soort kanker?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe dit werk: Jou chirurg neem ’n biopsie (verwyder ’n stukkie kankerweefsel), vir ’n laboratoriumondersoek. Daar is verskillende soorte biopsies: die bekostigbare mini-biopsies soos fynnaald- en diknaaldaspirasie en duurder chirurgiese biopsies in die hospitaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter een vir jou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Diknaaldbiopsies in die spreekkamer is byna altyd voldoende. As jou gewas nie gevoel kan word nie en net op die siftingsmammogram wys, sal jou dokter ultraklank saam met die diknaaldbiopsie inspan. Chirurgiese biopsies kan verdere kankerchirurgie bemoeilik, en daarom doen kankerspesialiseenhede dit selde.

Nuttig? Noodsaaklik, hoewel die chirurgiese biopsie selde nodig of nuttig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toets: Genetiese profilering

Doel: Wat is jou risiko op herhaling? Het jy chemoterapie nodig?

Hoe dit werk: Daar is twee soorte: die MammaPrint en Oncotype DX. Albei stel vas of spesifieke gene “aangeskakel” het. Die Mammaprint evalueer sowat 70 gene en klassifiseer die kanker as óf lae óf hoë risiko vir herhaling.

As jy ’n hoërisikokanker het, is die kans op herhaling 1 uit 2, en is chemoterapie noodsaaklik vir jou. ’n Lae risiko beteken die kans dat jou kanker sal hervat, is minder as 1 uit 10. Jy het dus nie chemoterapie nodig nie. Hormonale behandeling is waarskynlik oorgenoeg.

En as jy tussenin val? Dan raak jou leefstyl belangrik.

As jy rook of ’n kankergeskiedenis het, sal die dokter aggressiewer behandel. Jy moet ook meer bedag wees op jou dieet (kontak ’n genetiese dieetkundige).

Die MammaPrint identifiseer ook estrogeen- progesteroon- en HER-reseptors en gene soos die topo-isomerase alfa-2-geen.

Die nut daarvan is dat dit die dokter ’n aanduiding gee van watter soorte chemo vir jou die doeltreffendste sal wees. Onnodige of ondoeltreffende behandeling word dus uitgeskakel.

Nuttig? Beslis, omdat dit die optimale behandelingstrategie vir jóú help bepaal en jou selfs die koste van ondoeltreffende chemo spaar.

Toets: Beenflikkergram

Doel: Om vas te stel of kankerselle uitgesaai het na die skelet.

Hoe dit werk: Jy kry ’n inspuiting met ’n spesiale radio-aktiewe middel wat in aktiewe beenselle opgeneem word en aandui waar daar moontlik aktiewe kankerselle is.

Nuttig? Net met gevorderde kanker. Dit is onnodig as jou risiko op herhaling laag is, of as jy ’n soort borskanker het wat gewoonlik nie versprei nie. Party pasiënte en/of dokters vra daarvoor, net vir gerusstelling dat daar nie uitsaaiing is nie.

Toets: Bloedmerkertoetsing

Doel: Om kankers op te spoor

Hoe dit werk: Die toets identifiseer kankermerkers, soos die CA15.3 wat op bors- en ovariële kanker kan dui, Truquant wat op borskanker kan dui en die CEA wat op verspreiding kan dui.

Nuttig? Baie duur, nie diagnosties nie en nie jou geld werd nie. Maar moet dit nie verwar met jou bloedtellings nie, soos jou witbloedseltelling (WBC), rooibloedseltelling (RBC) en jou plaatjietelling (PLT).

Chemo onderdruk jou beenmurg, en dus jou immuunstelsel. Dié tellings dui aan of jou chemo te veel raak en verminder of selfs gestaak moet word.

Toets: Termogram

Doel: Om gewasse op te spoor en die sukses van behandeling te monitor.

Hoe dit werk: Kankergewasse het ’n effens hoër temperatuur, wat met ’n infrarooi kamera vasgelê word. Dit is nie naastenby so sensitief of betroubaar soos mammogramme en sonars, MRI- en PET-skanderings nie.

Nuttig? Geensins, en selfs gevaarlik omdat dit dikwels ’n vals negatiewe uitslag gee. Dit mis kwaadaardigheid, en jy gaan houtgerus aan terwyl ’n mammogram kleiner gewasse baie betroubaarder kon opspoor. Vroeë opsporing bly die sleutel tot sukses.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.