Watter dekorneigings is in en watter dekorneigings is uit vir jou huis in 2020? deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Pexels.
Wat jy in winkels sien hang af van hulle persoonlike tendensontleder en wêreldinvloede soos ekonomie, omgewing en waar ons harte lê. Ons het by Coricraft gaan aanklop vir meer inligting hieroor.
Lees ook: Die 4 dekorvoorkomste vir jou slaapkamer in 2020 moet omhels
Hoe besluit julle oor die nuutste neigings?
Die Coricraft-span doen baie navorsing en reis wyd om die nuutste neigings te identifiseer. Omdat nie alle wêreldwye neigings by ons handelsmerk pas nie, moet ons aanpassings maak. Gelukkig is baie van die nuutste neigings eie aan ons styl. Veral die teksture wat in lae aangebied word, natuurlike tekstiele, hout en rottang. Dit is wat ons styl omvat en hierdie jaar is ons weer in die kol!
Lees ook: Maak self inkopiesakke – probeer hierdie gratis patrone
Wat sou julle as ’n tydlose neiging sien?
Natuurlike teksture en kleurpalet is definitief tydloos.
Lees ook: 7 dinge wat jy moet weet voordat jy weer ’n matras koop
Watter neiging het nooit behoorlik posgevat nie?
Ons kliënte is nie baie lief vir blink nie. Vir ons werk dit beter om blink afwerkings met natuurlike elemente soos hout en leer te kombineer.
Lees ook: Die moets en moenies van helder kleure in jou huis
So, wat is uit vir 2020?
Donker houtmeubels.
Lees ook: Jy kan self die mooiste houttafeltjie maak
Glansafwerkings.
Die sitruspalet – suurlemoen, lemoen en lemmetjieskakerings.
Romantiese Franse dekor met pienk en tierlantyntjies.
Lees ook: Hoe om Dulux se kleur van 2020 te gebruik
En wat is in vir 2020?
Terrazzo en marmer.
Lees ook: Ses skoonmaakfoute vir jou meubels wat jy nooit mag maak nie
Deurgestikte, geboë en getekstureerde oppervlaktes.
Natuurlike materiale en teksture.
Sagte lyne en vorms.
Die eenvoud van Skandinawiese dekor.
Japanse ontwerp. Dit is nog nie tans in ons land beskikbaar nie, maar dis ’n groot neiging vir 2020
Lees ook: Hoe om die tydlose Delft en blou-en-wit-patroon in jou huis te gebruik
Verskaffers:
Weylandts | weylandts.co.za
Coricraft | coricraft.co.za
Superbalist | superbalist.com
Euro Trend | eurotrend.co.za