kategorieë: Bekendes

Wat’s nuut: Minki nuwe Kwêla-aanbieder

Die bekende model en TV-aanbieder, Minki van der Westhuizen, sprei haar vlerke op kykNET en sal van Januarie 2017 ook ’n veldaanbieder vir dié gewilde joernaalprogram wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Minki wat tans die aanbieder van Boer Soek ’n Vrou op kykNET is, sal steeds ook Suid-Afrika se boere help om liefde te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Minki: ‘As dit nie vir my ma was nie’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens Minki is dit vir haar ’n wonderlike vooruitsig vir 2017 om by Hannes van Wyk en die res van die Kwêla-familie aan te sluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is ongelooflik opgewonde om weer by ’n joernaalprogram betrokke te raak en boonop is Kwêla een van my gunsteling programme waarby ek aanklank vind.”

“Die program is ’n instelling op Afrikaanse televisie met lojale kykers en ek hoop om my eie energie na die program te bring.”

Minki sê ook dat sy dankbaar is dat sy die geleentheid kry om nog meer televisiewerk vir kykNET te doen.

“Kwêla is boonop ’n program wat fokus op gewone mense wat ongewone of inspirerende dinge doen en ek sien regtig uit daarna om met my onderhoude self deur sulke interessante mense geïnspireer te word.”

Minki sal op 25 Januarie 2017 vir die eerste keer haar verskyning as aanbieder op Kwêla maak.

Kwêla word Woensdae om 20:30 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.