kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Waterwys blomme vir die lente

Waterwys blomme vir die lente. Deur Elandrè Swart. Hooffoto: Jill Wellington vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bloulelie (Agapanthus)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bloulelie kom voor in meeste tuine en parke en is inheems tot Suid-Afrika. Hierdie blom groei maklik en kry nie sommer peste of siektes nie. Hoewel die noemnaam van hierdie blom “bloulelie” is, is daar eintlik ’n verskeidenheid kleure om van te kies en te keur, soos wit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om bloulelies in jou tuin te groei

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lig: Bloulelies benodig baie lig

Water: Baie water, een tot twee keer ’n week

Grond: Plant bloulelies in ryk, goed gedreineerde en grond met goeie kompos

Bemesting: Bemes jou grond met ’n stadig-vrystellende kunsmis elke tweede week

Geelkatstert (Bulbine frutescens)

Geelkatstert is ’n droogte-weerstandige plant met geel of oranje stervormige blomme. Geelkatstert bied kleur en tekstuur tot jou blombedding. Nog ’n goeie ding van hierdie plant is dat dit min aandag verg.

Hoe om geelkatstert in jou tuin te groei

Lig: Plant jou geelkatstert in volson of halfskadu.

Water: Lei dit in die aande lekker lank nat, sodat die water diep kan intrek. Lei eenkeer ’n week nat.

Grond: Geelkatstert kan by meeste grondtipes aanpas, maar dit groei die beste in goedgedreineerde grond.

Bemesting: Bemes maandeliks met ’n gebalanseerde kunsmis.

Botterblom (Gazania krebsiana)

Botterblomme is laag-groeiende plante en die beste keuse vir ’n tuin wat min instandhouding kort. Botterblomme groei goed in blombeddings en selfs in hangmandjies.

Hoe om botterblomme in jou tuin te groei

Lig: Botterblomme groei die beste in baie son.

Water: Jy hoef net die blomme nat te lei wanneer die grond droog is.

Grond: Botterblomme verkies sanderige of kleigrond.

Vygies

Vygies is Suid-Afrika se kleurvolste groep blomme en het meer as 1 800 verskillende spesies om van te kies!

Hoe om vygies in jou tuin te groei

Lig: Vygies groei die beste in volson, maar kan ’n bietjie skadu hanteer.

Water: Maak dadelik jou vygies nat nadat dit geplant is, maar laat die grond toe om ’n bietjie uit te droog voordat jy weer water gee.

Grond: Vygies kan floreer in verskillende tipes grond en benodig min voedingstowwe.

Bemesting: Vygies reageer goed op vloeibare kunsmis.

Lees nog:

Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.