Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
250 ml (1 k) rysmeel – verkrygbaar by gesondheidswinkels
5 ml (1 t) sout
125 ml (½ k) sodawater
125 ml (½ k) appelbier (cider)
500 g waterblommetjies, deeglik gewas onder lopende water
Genoeg olie vir diepbraai
Aïoli
1 eier
30 ml (2 e) suurlemoensap of wit asyn
5 ml (1 t) dijon-mosterd
5 ml (1 t) suiker
1 knoffelhuisie, fyn gekap
Knypie sout en gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) sonneblomolie
Instructions
1 Meng die rysmeel en sout en voeg die sodawater en appelbier by, meng deur. Sit vir 20 min. in die yskas. 2 Sit die waterblommetjies in ’n bak met skoon soutwater en laat staan vir 15 min. Skep die blommetjies uit en dreineer. Spoel met vars water af. Sny die groter waterblommetjies middeldeur. 3 Blansjeer die waterblommetjies vir 5-7 min. in kokende water of tot net sag. Skep in yskoue water en dreineer. Klad goed droog met kombuispapier. 4 Verhit die olie in ’n klein kastrol. Maak seker die olie is warm genoeg deur ’n stukkie brood daarin te gooi. As die broodjie binne 60 sek. goudbruin braai, is die olie reg. 5 Doop elke waterblommetjie in die verkoelde tempura-beslag en laat die ekstra beslag afdrup. Braai klein hoeveelhede vir 5-7 min. in die olie tot goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Gooi maldon- of gewone sout oor.
Aïoli 6 Verhit die bak van ’n voedselverwerker met warm water. Droog behoorlik uit en meng die eier, asyn, mosterd, suiker, knoffel, sout en peper daarin. 7 Skakel die verwerker weer aan, hou die olie ’n entjie bokant die bak en voeg in ’n egalige straal by. Die mayonnaise kan ook met ’n handklitser gemaak word, die geheim is net dat die mengsel heeltyd geklop moet word terwyl die olie bygevoeg word om die emulsie te vorm. Sit met die waterblommetjies voor.