Waterblommetjiebredie
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Instructions
Kap 2 uie fyn en braai in genoeg avokado-olie in ’n groot kastrol.
Sny 1 kg lamsribbetjies in klein porsies, geur met sout en gemaalde swartpeper en braai in dieselfde kastrol tot goudkleurig.
Skil 2 aartappels, sny in blokke en voeg by.
Voeg 250 ml witwyn by en sit die deksel op. Prut stadig tot die aartappels begin sag word, maar nog vorm behou.
Voeg 1kg afgespoelde waterblommetjies sonder stingels en ’n knypie fyngemaalde naeltjies by en geur na smaak. Sit die deksel op en prut stadig tot die waterblomme sag genoeg na jou smaak is.
Geur met suurlemoensap. Sit voor met rys en appelkoosblatjang.
Rooi Rose
Lees Meer
Wonderlike waterblommetjies
28/01/2015
Oosterse waterblommetjiesop
04/12/2013
Gemarineerde waterblommetjies
04/12/2013