Deur Elandré Swart. Hooffoto: Pixabay
1. Draai die kraan toe as jy tande borsel
Dit was nog altyd ’n “maklike” gewoonte om die kraan oop te los terwyl jy jou tande borsel, maar jy kan tot 10 liter water per dag spaar deur die kraan toe te draai terwyl jy jou tande borsel.
2. Plaas ’n baksteen in jou toilettenk
Deur ’n baksteen in jou toilettenk te plaas, verseker jy dat die tenk minder water intap. Met nuwe produkte op die mark soos die Dry Planet Save a Flush van Faithful to Nature (sien onder), kry jy dieselfde effek. Die produk absorbeer die hoeveelheid water wat ingetap word sodat minder water gebruik word om die tenk vol te maak.
3. Korter storte
Almal dink hul storttyd is kort genoeg maar met ’n stort-verkorter wat ’n tydbeperking op jou stort se watervloei sit sal jy vir seker nie oor jou tyd gaan nie.
4. Reguleer jou water
Plaas ’n watervloeireguleerder op al jou krane sodat as jy die kraan moet gebruik, jy jou waterverbruik met meer as helfte verminder!
5. Verander jou stortkop
Ou stortkoppe is nog nie waterwys nie en mors verskriklik baie water deur ’n sterk waterdruk te gee. Om jou stortkop te vervang is ’n relatiewe goedkoop manier om vinnig water te bespaar.
6. Sit ’n emmer in jou stort
Deur ’n emmer in jou stort te plaas kan jy al jou stortwater opvang en dit gebruik om jou toilet mee te spoel.
Hier is agt produkte wat jou kan help om water te spaar in jou badkamer
Verskaffers
Faithful to Nature | 021 785 3268
Sustainable | suistainable.co.za
Builder’s Warehouse | 0860 284 533