kategorieë: In die nuusJou lewe

Waterbeperkings in Gauteng opgehef, maar die Kaap kort jóú hulp

Suid-Afrikaners het die afgelope paar maande eerstehands ervaar hoe dit voel om spaarsamig met water te moet werk. Die departement van water en sanitasie het vandag aangekondig dat waterbeperkings in Gauteng Vrydag opgehef sal word. Ons is saam met die boere opgewonde oor dié nuus, maar doen ’n versoek op almal om steeds spaarsamig met water te werk omdat dele van die Kaap steeds bitter droog is. Onthou: daar lê nog ’n lang winter voor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Reënval Suid-Afrika het gister dié foto getwiet:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

In ander nuus het Kaapstad nou Vlak 3- waterbeperkings ingestel wat beteken dat huishoudelike verbruikers minstens 20% water moet bespaar. Die gemiddelde vlak van die ses Wes-Kaapse damme wat Kaapstad bedien, is nou 31%. Die vlak van die damme het sedert verlede week met 1,4% gedaal.

Die Kaapse watersituasie is besig om krisisvlakke te bereik. Kyk hier:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Amore Bekker van Tjailatyd op RSG het gister ’n beroep gedoen op mense wat die komende naweek (12 Maart 2017) aan die Cape Town Cycle Tour-fietswedren gaan deelneem om ekstra kanne water saam te neem indien moontlik. Sy hoop om op dié manier bewusmaking te skep rondom die kwaai droogte in die Wes-Kaap, en dalk selfs ’n klein bydrae te maak om die situasie te verlig.

“Neem ’n 5L-kannetjie water Kaap toe – as 20 000 mense dit doen, praat ons van 100 000L water. Dis ’n druppel in die emmer, maar hopelik word die moederstad se hulpbronne nie verder uitgeput nie,” het Amore op die lug gesê.

Amore het ook ’n paar jaar gelede die Bottels vir Beaufort-waterprojek op RSG geloods, en deur haar daaglikse bewusmaking op die lug help sorg dat die dorp se waterkrisis afgeweer kon word. Luisteraars het tydens die Desembervakansie op hul roete Kaap toe meer as 5 000 vyfliter-kannetjies water by versamelpunte op die dorp afgelaai. Almal wat kon, het ingespring om te help, van vervoermaatskappye tot individue.

Hierdie inisiatief het ook daartoe gelei dat tenkvragmotors vir nog ses maande daarna water uit die Kaap aangery het na die dorp se opgaardamme. Dit wys mos dat Suid-Afrikaners ’n krisis kan hanteer deur saam te staan!

Help om Suid-Afrikaners bewus te maak van hierdie wonderlike inisiatief om die Kaap te help. Gebruik die hutsmerk #wateropwiele en sluit @zarsg in by jou twiet. En as jy self water Kaap toe neem, twiet hoeveel jy neem en dalk sommer ook wat jou gasheer met die water gaan doen.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

16 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

3 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

3 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.