kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Wat sluit jou reisversekering regtig in?

Wat sluit jou reisversekering regtig in? deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“’n Ongeluk reël nie vooraf met jou nie”, troos ’n kollega onlangs nadat ek my knieligamente op ’n trampolien morsaf geskeur het.

Ja, ongelukke gebeur gewoonlik op die mees ongeleë tyd op die mees ongemaklike plek. Hoewel daar nooit ’n goeie tyd is om ’n mediese probleem te hê nie, is dit voorwaar aansienlik meer gekompliseerd en duur as dit buite jou landsgrense gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Travel Insurance Consultants (TIC), ’n afdeling van Santam, sê dat hul  bevindinge toon dat 50% van alle reinsinsidente waarvoor reisigers eise instuur, ongelukke is.

En as jy dink jy is ten volle gedek omdat jy reisversekering kry as jy jou vliegkaartjie met jou kredietkaart betaal, dink weer …

Hier is drie belangrike wenke van die Travel Insurance Consultants:

Wenk 1: Maak seker jou reisversekering sluit jou aktiwiteite in

Maak seker dat jou reisversekering die aktiwiteite waaraan jy gaan deelneem, insluit. Skubaduik en ski word nie altyd ingesluit nie.

Reisversekering maak ook ’n onderskeid tussen kompeterende deelname aan ’n sportsoort en deelname as ontspanning.

Maak seker jy vergelyk appels met appels as jy verskillende soorte reisversekering met mekaar vergelyk. Sportsoorte soos “cage fighting”, rugby en boks het spesiale versekering nodig.

Jag, valskermspring en perdry word nooit ingesluit nie. Die meeste versekeraars sal nie eise hiervoor aanvaar nie.

Lees ook: Pasop vir hierdie slaggat vir jou motorversekering

Wenk 2: Verstaan die moontlike onkostes van ’n besering

Wees bewus van die potensiële omvang van onkostes van ’n besering. Dis nie voldoende om net goeie dekking vir beserings en mediese onkostes te hê nie.

Een van die gevalle waarmee TIC onlangs te doen gehad het, was ’n reisiger wat ses ribbe en ’n platgevalde long na ’n ski-ongeluk in Slowakye gehad het. Sy versekeraar het ook ’n private bestuurder gehuur om drie en ’n half uur ver te ry om hom by die afgeleë ski-oord op te laai en na Wene te bring vir behandeling. Geen taxi was bereid om so ’n lang reis te onderneem nie. Sy dekking het hom ook na Suid-Afrika in sakeklas teruggevlieg omdat sy dokter dit vereis het. Dus ’n verdere R33 900 vir die rekening!

Dieselfde kan gebeur as jy ’n been breek of knieligamente skeur, omdat jy nie met ’n stywe been in gips of in ’n beenstut in ’n gewone sitplek sal pas nie.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou finansies nie in ’n vliegramp sal ontaard nie

Wenk 3: Onthou, jou rande rek dalk nie so ver oorsee nie

Die meeste kredietkaarte sluit reisversekering in as jy ’n volle-tarief retoerkaartjies koop. Dit mag beperkte mediese versekering insluit, maar sodra jy in ’n vreemde land is met verlaagde koopwaarde vir jou rand, kom jy agter dat dit nie voldoende is om astronomiese hospitaalkostes te dek nie.

Hospitalisasie vir toestande wat jy reeds het voor jy vlieg, is gewoonlik uitgesluit.

Lees ook: 6 maniere om gemakliker te reis

Maak dus seker dat jy weet wat jou reisversekering insluit en maak aanpassings voor jy vertrek sodat jy met ’n geruste hart kan vakansie hou – al draai die noodlot teen jou.

Lees ook: 2 dinge wat jy moet weet oor jou motorversekering en grensposte

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.