kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat ouers moet weet van die HPV-vaksien

Wat ouers moet weet van die HPV-vaksien deur Salomé Delport. Hierdie artikel het oorspronklik in die Augustus 2017-uitgawe van rooi rose verskyn. Hooffoto: iStock/jarun011

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is HPV?

Die seksueel oordraagbare menslike papilloma-virus (MPV) veroorsaak servikale kanker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kan jy dit keer?

Ja. Een van die groot spronge vorentoe is dat hierdie kanker nou voorkom kan word deur jou dogter bloot te laat vaksineer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kry jy die vaksien?

Alle dogters in staatskole kry die geleentheid om op staatskoste gevaksineer te word – wat ’n reeks inspuitings in die boarm behels. Maar as jou dogter in ’n private skool is of tuis geskool word, is dit jou verantwoordelikheid. Kontak jou pediater of huisdokter.

Hoekom huiwer ouers – selfs staatskoolouers?

Die gebruiklike ouderdom vir hierdie vaksie is nege. As ouers is ons ongemaklik hiermee, waarskynlik omdat ons nie seks en dogtertjies van hierdie ouderdom kan verbind nie, sê dr. Kenneth Alexander, hoof van aansteeklike siektes by die Nemours Children’s Hospital in Orlando, Florida.

“Dit gaan oor beskerming teen kanker, nie oor seks nie. Jy kan jou kind potensieel lewenslange beskerming gee teen sowat 70% van die MP-virusse wat servikale kanker veroorsaak, deur inenting op ’n jong ouderdom, voordat seks enigsins ter sprake is.”

Wat van seuns?

Daar is twee verskillende vaksine: Gardasil en Cervarix. Gardasil beskerm jou ook teen genitale vratte en word daarom ook vir seuns aanbeveel. Die staat betaal nie hiervoor nie, en jy sal self jou seun moet laat vaksineer.

En as jou kind ouer is?

Die vaksien is die doeltreffendste as dit toegedien word voor seksuele aktiwiteite begin. Dit kan later ook nog help maar potensieel met minder sukses.

Lees ook: Die 5 inentings wat jy as volwassene moet kry

Jaarlikse toetse vir mans

“Ek het al gehoor dat mens komplikasies na ’n vaksien kan ontwikkel”

Alles wat jy van die gordelroosvaksien moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

3 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

21 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

23 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.