Met die Netcare Pregnancy toep kan verwagtende ouers nou waardevolle inligting oor swangerskap kry. Die swangerskaps-toep kan gratis op iOS en Android platforms afgelaai word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die toep het ’n paneelbord met vinnige verwysings soos die grootte en die gestasie-ouderdom van jou ongebore baba sowel as ’n spesiale aftelling-kalender om te verseker dat verwagtende ouers op die groot dag voorbereid is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daarbenewens sluit dit inligting en wenke in oor ’n aantal swangerskap-verwante onderwerpe soos voeding, fiksheid, seksuele gesondheid, die versorging van jou vel, hare en naels, noodgevalle tydens swangerskap en hoe om vir die geboorte voor te berei.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die gids gee insig in die fisiologiese en emosionele veranderinge wat mammas tydens elke stadium van die swangerskap ervaar. Daar is inligting oor die baba se ontwikkeling vanaf bevrugting tot by geboorte. Daar is ook waarskuwings oor dinge waarvoor uitgelyk moet word soos die swangerskap vorder. ’n Funksie help gebruikers om die naaste Netcare ginekoloog en hospitaal in hul gebied te kan opspoor.
Daar is baie swangerskap-webwerwe met hope inligting wat verwagtende paartjies oorweldig kan laat voel. Die Netcare toep se inligting is maklik om te navigeer en bevat betroubare inligting wat altyd beskikbaar is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }’n Tweede fase van die Netcare Swangerskap Toep sal binnekort beskikbaar wees. Dit sal nog meer inligting en wenke oor swangerskap-verwante onderwerpe hê.
*Die Netcare Help toep, wat in 2013 bekendgestel is, is al 22 000 keer afgelaai. Dit bevat onder meer stap-vir-stap noodhulp. Dit bevat ook ’n lys van dokters by Netcare hospitale en Medicross mediese sentrums met hul kontakbesonderhede.
Besoek Netcare se webblad vir meer inligting.
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.