kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat om te doen oor inflammasie

Wat om te doen oor inflammasie deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Flous inflammasie

Ons dink aan inflammasie as die rooi, warm en pynlike verswikte enkel of ledemaat ná ’n sportbesering. Maar namate ons meer van siektes verstaan, sien ons dat soortgelyke inflammasie maar in chroniese vorm agter baie van die skades skuil wat ons mooi, ferm, fikse en beweeglike liggame langs die pad optel. Kortom: inflammasie maak ons oud.

Byna almal van ons loop ’n risiko op inflammasie. Die tipiese snellers sluit in chroniese toestande soos diabetes en artritis en chroniese sportbeserings (daardie ding van draf al pyn jou heup of spiere al maande lank).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wat jy kan doen oor heuppyn weens bursitis

Chroniese stres en klein, inwendige skades waarvan jy nie weet nie, soos aarwandskade en Crohn se siekte, lei ook tot inflammasie op sellulêre vlak. Dit is goed om akute én chroniese inflammasie te beheer, sê dr. Jeff Bland, groot voorstander van funksionele geneeskunde, wat ook inflammasie as een van die hoofredes agter veroudering sien.

Hoe beter jy dit keer hoe langer bly jy “vir altyd veertig”. Gelukkig kan ons baie voorkomende planne maak. Hier is vyf.

Lees ook: Wat jy kan doen oor jig

5 dinge wat jy nou kan doen oor inflammasie

Wonder jy wat om te doen oor inflammasie? Hier is vyf slim planne, maar onthou om altyd eers met jou dokter te gesels oor die regte behandeling vir jou!

1. Die vinnigste plan

Kry ’n anti-inflammatoriese medikasie by jou dokter. Dit werk uitstekend vir akute inflammasie weens ’n besering – net jammer dat dit ook skadelik is. Daarom kry jy gewoonlik ’n voorskrif vir net drie weke. Dit is genoeg om die inflammasie te breek. As iets skort wat die inflammasie bly sneller, sal jy daardie probleem moet oplos voor dit chronies raak … en jou help oud maak.

Lees ook: Sielkundige hulp is belangrik na ’n hartaanval

2. Die eenvoudigste plan

Eet beter. Volgens dr. Jeff Bland is dit altyd beter om organiese kos te eet. Maar hy verstaan organies anders as ons. Dit gaan nie oor plante wat sonder insekdoders en kunsmis gegroei het nie, maar oor plante en diere wat om oorlewing moes veg – met net-net te veel son, amper te min water en op die grens van hongersnood, met dalk ’n paar plae in die omgewing. Dit alles sneller hulle om hul stresmeganismes in plek te sit deur anti-inflammatoriese komponente te produseer, wat jý inkry wanneer jy daarvan eet.

Party plante is ryk aan anti-inflammatoriese komponente, selfs al is hulle nie organies nie, soos spinasie, bessies, groen soetrissies, al die soorte spinasie, tamaties, bronkors, kool, blomkool, Brusselse spruite, bok choi en broccoli. Twee verrassings op sy lys is vars kappertjiesaad en sowaar ook bier met hop gemaak.

Alles met omega-3’s werk ook anti-inflammatories, soos neute, sade en grondboonbotter, sardiens, salm en makriel.

Lees ook: Voed jou vel met groente en superkosse!

3. ’n Plan vir tuisterapie

Skokgolfterapie bly navorsingsnuus. Talle klein ondersoeke wys dat dit werk … of nie werk nie. Die Cochrane Reviews merk op dat dit afhang van hoe gereeld en hoe lank die pasiënt behandel is. Kortom, dit werk mits jy elke dag of elke tweede dag behandel kan word.

Dit is vir baie van ons té duur om so gereeld na ’n fisioterapeut te gaan. Maar jy kan as plaasvervangende tuisopsie ’n vibrasietoestel probeer. Dit werk op die beginsel dat dit bloedsomloop verbeter. Koop ’n toestel met die hoogste moontlike watt-uitset, en behandel die aangetaste deel en die hele ledemaat vir so tien minute per dag, of tot dit warm voel.

Dit help vir inflammasie weens artritis, sportbeserings, seer spiere en seerplekke.

Lees ook: Hoekom sportmasserings goed is vir jou

4. Die rusplan

Vir inflammasie weens sport, gim of selfs net ’n verstuite enkel bly die beste taktiek om die aangetaste ledemaat te laat rus. Sit om die beurt ’n warm en ’n koue kompres op – so twintig minute vir elkeen. Herhaal ’n paar keer deur die dag.

Lees ook: Het jy geweet? Omgee is goed vir jou!

5. Akupunktuur

Akupunktuur is nog ’n wonderlik suksesvolle oplossing vir inflammasie. Baie fisioterapeute bied die diens aan.

Vir nog goeie gesondheidswenke, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.