Wat moet jy vir Valentynsdag dra? Toets jouself en vind uit! deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: pexels
Valentynsdag is om die draai en jy het niks om te dra nie …
Dis oukei, ons kan jou help! Voltooi ons toets en vind uit wat jy moet dra:
Wat jy moet dra gebaseer op die uitslae van jou toets
1 Deftig opgedollie
Jou swart nommertjie hang nie te diep weggebêre in jou kas nie en jy hou daarvan om vir afsprake ekstra moeite met jou voorkoms te doen. Spesiale dae soos Valentynsdag sien jy as ’n geleentheid om jouself (en jou geliefde, natuurlik) te bederf met ’n luukse aandjie uit. Jy hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en met disse te eksperimenteer terwyl jy hartsgesprekke met jou Valentyn deel.
As jy hierdie toets geniet het, sal jy beslis ons parfuumpersoonlikheidstoets geniet!
2 Oulik en informeel
Jy verruil graag eerder hakskoene vir ’n mooi sandaal of tekkie en glo in ’n gemaklike en veelsydige styl. Jy hou van die buitelug en verkies om besig te bly of om nuwe aktiwiteite te probeer, soos bergklim, ’n see-uitstappie of ’n safari. Jy is op jou gelukkigste tussen jou vriende en familie en jy kan vir ure sit en kuier waar jy jouself op daardie oomblik bevind.
Lees ook: 10 wenner-wenke vir ’n sweetvrye somer
3 Oos wes, tuis bes
Jy kan jou nie ’n beter afspraak voorstel as om op jou balkon te sit met jou slaapklere aan en ’n drankie in jou hand nie. Jy hou daaarvan om jou tyd in bekende ruimtes te spandeer en hoewel jy af en toe tyd saam met jou naastes geniet, gee jy ook nie om as jy ’n hele naweek op jou eie is nie. Inteendeel, jy omhels dit! Maak Valentynsdag spesiaal deur jouself met ’n warm bad, ’n sagte sy- of satynpakkie en jou gunsteling film te bederf.
Lees ook: Pamperlang jouself met ’n tuis-manikuur