Wat jy van diabetes moet weet

Sowat 387 miljoen mense, oftewel 8% van die wêreldbevolking, ly aan tipe 2-diabetes, en volgens onlangse ondersoeke sal dié alreeds groot syfer na verwagting oor die volgende 20 jaar na ’n yswekkende 592 miljoen opskiet. Daarby is Suid-Afrika die land met die tweede hoogste diabetes-lyers in Afrika. Meer nog: Helfte van dié lyers is nie eens bewus daarvan dat hulle diabete is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is jý dalk een van hulle?

As jy eers diabetes het, het jy dit lewenslank. Met al die komplikasies wat daarmee saamgaan, soos ’n baie groot kans op ’n hartaanval, beroerte en nierskade.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die meeste diabete se sig verswak dramaties. Weens swak bloedsomloop ervaar baie diabete onomkeerbare pyn in hul hande en veral voete, wat dit swaar maak om te stap en hul hande te gebruik. Om dieselfde rede ontwikkel baie diabete aaklige ulsers (ongeneeslike sere) aan veral hul voete en bene, wat dikwels uitloop op ’n troumaitese amputasie.Diabetes verniel nie net jou lyf nie; dit het ook ’n yslike impak op jou lewe. As jy eers diabetes het kan jy verwag dat dit10%-25% van jou inkomste gaan opslurp om mediese uitgawes vir dinge soos insulien, bloedtoetsing, doktersafsprake en duur mediese toetse te betaal. Skielik raak reis en uiteet, en veral vakansies en uitstappies gekompliseerd, as jy dit nog sou kon bekostig. Daarby sal jy ’n groot deel van jou dag daaraan bestee om jou diabetes te bestuur, met minder tyd oor vir die lekker dinge in jou lewe.Die heelbeste is om diabetes geheel en al te vermy deur altyd gesond te eet en veral deur elke dag ten minste ’n halfuur aktief te wees.Nogtans is dit moontlik om diabetes onder beheer te hou. Indien jy vroegtydig jou diabetes begin bestuur kan jy die impak daarvan heelwat kleiner maak, en veral keer dat normale dag-tot-dag take onuithoudbaar raak.Hoe meer jy van diabetes weet hoe beter kan jy dit hanteer.
Lees meer oor die verskillende tipe diabetes en gewig hier vir ’n meer in-diepte kykie na hierdie toestand.
Indien jy onseker is oor watter vitamiene ’n diabeet moet inneem, loer gerus na ons tabel wat dit uiteen sit.Probeer ook ons kosredakteur, Vickie de Beer, se heerlike diabeet-vriendelike resepte uit haar nuwe boek The Low Carb Solution to Diabetes wat vanjaar die Sunday Times Cookbook of the Year-toekenning gewen het.
(Klik op die foto’s om na die resepte geneem te word)
Geroosterde hoender met lourierblaar en knoffel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Amandel-en-jogurt-plaatkoekies

Bobaasburgers op die braai


Koop The Low Carb Solutions for Diabetics hier
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.