kategorieë: DieetGesondheid

Wat jy van bokwiet moet weet, en hoekom jy dit nou moet eet

Wat jy van bokwiet moet weet, en hoekom jy dit nou moet eet deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is bokwiet (buckwheat)?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al lyk die meel soos koringmeel en die saadjies soos koeskoes of bulgur is dit nié verwant aan koring nie.

Bokwiet is uitstekend vir veganiste en almal wat gluten moet vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Dit kom van ’n plant met die naam Fagopyrum esculentum – ’n heeltemal ander gewas as die Triticums waarvan koringmeel en selfs speltmeel en durumprodukte gemaak word. Anders as koring, wat as ’n grasgewas beskou word, het die bokwietplant groot blare soos ’n aartappelplant. In die blomseisoen is ’n bokwietland oortrek met wit of pienk blommetjies.
  • Bokwietsaad word net soos rys of hawermout gaargemaak deur dit te kook. Vir ekstra geur kan jy die saadjies vooraf vir 2-3 minute in olyfolie of botter roerbraai. Geniet die saad (of groats) soos pap met melk en ’n bietjie suiker, of soos rys, pasta of noedels as deel van jou hoofgereg.
  • Bokwietmeel is gemaalde bokwietsaad. Jy kan daarmee bak. Die beste is om dit te gebruik vir gebak wat nie hoog moet rys nie, soos kleinkoekies, kraakbeskuitjies en pannekoek. Sonder gluten wat gebak elastisiteit gee en help vorm hou, kan groot koeke platval. Die Franse galette, Nederlandse poffer en Russiese blini is tradisioneel met bokwietmeel gemaak.
  • Bokwietnoedels, of soba in Japannees, is ’n baie dun, bruinerige noedel wat van bokwietmeel gemaak word.
  • Bokwiet is voedsaam, met soveel plantproteïen in ’n koppie bokwietsaad as in ’n eier. Bokwiet is werklik ’n besonderse graan omdat dit een van die min plantprodukte is wat jou ’n volledige proteïen gee, met ander woorde dit bevat al die essensiële amino-sure wat jou liggaam nie kan maak nie. Dit is dus ideaal vir veganiste. Eintlik moet ons almal ’n deel van ons diereproteïene soos tjoppies en wors deur plantproteïene soos hierdie vervang.
  • Dit bevat ook besonder baie B-vitamiene, magnesium en vesel.
  • Die blommetjies simboliseer liefde wat nooit verander nie.

Vir nog interessante feite, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

2 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

12 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.