Wat jy nou moet weet oor AAHS en kos deur Salomé Delport. Foto’s: iStock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die meeste kenners is ten gunste van AAHS (aandagafleibaarheid- en hiperaktiwiteitsindroom, oftewel ADHD)-medikasie, al weifel jy omdat jy van newe-effekte hoor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maar dié artikel gaan nie daaroor nie.
Die fokus is nou op kos en AAHS, saam met en selfs vóór medikasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wat is nuut, kan jy wonder, want toe ons in die jare sewentig meer bewus geword het van AAHS was kos dadelik ter sprake. Een van die leidende kenners destyds was dr. Benjamin Feingold, wat veral sintetiese kleur- en geurmiddels as die sondaars gesien het. Hy wou dat jou kind net kos eet met natuurlike kleurmiddels soos beetsap. Jy moes ook alles met salisilate soos appels, komkommer en tamaties uitsny. Dit is herhaaldelik weerlê maar ons glo dit nou nog. Daarom hoor jy steeds AAHS-kinders moet veral rooi stokkielekkers, tjips, tartrasien en MNG vermy.
Die ander twee neigings wat oor die dekades vastrapplek gekry het, is dat
Party laat suiker uit; ander sê die groot sondaar is koring. Of soja. Of melk, sjokolade, eiers, bone van alle soorte, tamaties, druiwe, lemoene en wat nog alles.
Maar jou kind moet gesond eet om te groei.
Sal ’n beperkte dieet regtig sy AAHS wegneem? Of dit selfs net ligter maak?
Onlangs het ’n span van die AAHS-navorsingsentrum in Eindhoven, Nederland, die saak gaan herbekyk. Spanleier dr. Lidy Pelsser het al in 2011 bevind dat die simptome van AAHS by twee uit elke drie kinders dramaties ligter is as kinders op ’n “few foods”-dieet geplaas word – met ander woorde dat dieet ’n groot verskil maak.
Maar watter kosse is die probleem? Die uitslae van die talle ondersoeke van die jare sewentig af is verwarrend. Vir elke ondersoek wat wys dat byvoorbeeld suiker die probleem is, is daar een wat min verband wys.
Dr. Pelsser het opgemerk dat die meeste ondersoeke nié blind was nie, dikwels nie eens ewekansig was nie, en soms selfs deur die bedryf self gedoen is om hul belange te beskerm. Sy en haar span het toe net die ondersoeke gaan uithaal wat voldoen aan streng wetenskaplike standaarde en gaan kyk wat die bevindings dán sê, veral oor omega-3, kunsmatige kleur- en geurstowwe en verskillende kossoorte soos suiker en meel. Hulle het ook hul eie ondersoeke gedoen en gekyk na wat die ouers sê, en dit vergelyk met die waarnemings van professionele mense, soos terapeute, onderwysers en navorsers.
Die span het die grootte van die effek van elkeen gekwantifiseer as ’n punt uit 1, soos in hakies aangedui. Ons sit dit om in ’n persentasie, vir gemaklike interpretasie. Die uitslag van hul meta-ondersoek het so gelyk:
Ouers: dit maak min verskil (0,17, of 17%)
Professionele waarnemers: dit maak geen verskil nie (0,05, of 5%)
Ouers: dit maak ’n taamlike verskil (0,44, of 44%)
Professionele waarnemers: dit maak geen verskil nie (0,08, of 8%)
Ouers: dit het ’n reuse-invloed (0,8, of 80%)
Professionele waarnemers: dit het ’n groot invloed (0,5, of 50%)
Duidelik het die “verkeerde” kos volgens die ouers én die professionele waarnemers die grootste invloed. Dit lyk asof albei groepe min voordeel kon sien in omega-3-aanvullers, terwyl die
ouers en die meer objektiewe professionele waarnemers ingrypend oor rooi stokkielekkers en alles met kunsmatige kleurstowwe en geurmiddels verskil.
Maar wat van medikasie? Is dit nie die enigste werklik suksesvolle oplossing nie? Die meeste dokters, terapeute en navorsers ondersteun medikasie vir AAHS – dr. Pelsser ook.
Maar sy het ’n interessante perspektief op AAHS: Sy glo met medikasie eerste en voor die voet begin ons by die stertkant van die probleem. Dit is tyd vir ’n paradigmaskuif sodat ons begin met dieet, eerder as met medikasie, sê sy.
“AAHS het dikwels te make met ’n hipersensitiwiteit vir kos. Ons begin by medikasie, terwyl ons eerste so ’n hipersensitiwiteit moet ondersoek.”
Sy wys uit dat as jou kind ’n allergiese reaksie het, probeer jy vasstel wat die reaksie sneller. Dan probeer jou kind die sneller vermy. Hy gebruik kortisoon as dit nie anders kan nie.
Net so met AAHS, glo sy. Ons behoort ook eers te kyk of ons iets kan identifiseer wat die hiperaktiewe gedrag sneller. As dit kos is, pas die dieet aan, en hou medikasie vir die kinders by wie AAHS nie daarmee te doen het nie.
Sy glo kos as sneller word onderskat. “Ons werk wys by 64% van AAHS-kinders word dit deur kos veroorsaak.”
Die oorblywende 36% moet vir ander potensiële probleme ondersoek word, soos disleksie, akademiese verveeldheid, te veel druk, of ander neurologiese probleme. Sy is absoluut ten gunste van medikasie vir hierdie groep kinders.
Sy is nie al een wat so glo nie. Ondersoeke die afgelope paar jaar oor die effek van dieet op AAHS wys dat 30-60% van kinders se AAHS-simptome verminder of selfs verdwyn wanneer hulle beter eet. Dit lyk asof dieet minstens net so belangrik soos Ritalin en terapieklasse is.
Die antwoord is ingewikkeld. Jou derm-organismes het ’n verstommende effek op jou brein, in wat die derm-brein-skakel genoem word. As jy ’n blikkie gaskoeldrank drink, groei meer van organisme A en minder van organisme B in jou dermkanaal, wat deur die maniere waarop hulle saam met of teen jou eie ensieme en hormone werk, meer van komponent X en minder van komponent Y laat vorm.
X en Y se effekte strek ver wyer as jou derm; hulle kan werklik jou breinvermoëns stimuleer of smoor. Jou kind drink dus nie maar net ’n blikkie gaskoeldrank wat bo in en onder uit nie. Sy brein en breinfunksies is ook deel van sy inwendige “voedselketting”.
Kortom, by baie AAHS-kinders sit dieet sterker as wat ons dink agter daardie hiperaktiewe gedrag, buie, impulsiewe keuses en die onvermoë om aandag te gee en te beplan.
Dr. Pelsser glo dat kinders verskillend sensitief is. Een hiperaktiewe kind reageer erg op net ’n bietjie suiker, terwyl twee blikkies gaskoeldrank, soet jogurt en selfs die tipiese kanonskoot suiker van kinderpartytjies ’n ander ewe hiperaktiewe outjie min pla. Vir hom is soja dalk die sneller.
Dr. Pelsser sê hulle kan binne vyf weke bepaal of kos – en watter kos – agter jou kind se AAHS sit. Die kind begin met die “few foods diet” (FFD) van kosse waarop min mense reageer, soos skaap, hoender, aartappels, rys, piesang, appels en al die soorte kool.
As jou kind ná ’n week duidelik minder AAHS-tekens het, is kos waarskynlik ’n sneller. Dan word een kosgroep op ’n keer vir ’n paar dae bygevoeg om te kyk of dit hiperaktiwiteit sneller of nie.
Jy kan byvoorbeeld suiker byvoeg en kyk hoe jou kind reageer. As sy simptome terugkeer, het jy die sondaar vasgepen. As hy rustig bly, is suiker reg vir hom. Dan kan jy graan byvoeg, en kyk wat nou gebeur. So stel jy vas wat jou kind kán eet.
Dr. Pelsser sê ás kos betrokke is, is die verskil so dramaties “soos ’n wonderwerk”. As kos nie ’n sneller vir jou kind is nie, sal jy min verskil sien. Dan is medikasie die volgende stap.
Moenie sommer net jou kind lank op die FF-dieet plaas nie.
Dit is nie gebalanseerd nie en is bedoel as ’n tydelike diagnostiese tegniek.
Werk met ’n dieetkundige saam, om sinvol te besluit watter groepe kosse om by te sit. As jy suiker eerste toets, kan jou kind nie versoete kitspap en koekies kry nie, want dan kry hy suiker én graan in, en weet jy nie op watter een van die twee hy regtig reageer (of nie reageer nie).
As jou kind uiteindelik iets moet weglaat, laat sy ’n gebalanseerde dieet uitwerk sodat hy steeds al die nodige voedingstowwe inkry.
Die meeste AAHS-outjies is teen die tyd wat hulle by my kom klaar gediagnoseer, en op medikasie of nie, soos wat die ouers besluit. Die meeste ouers neem die probleem ernstig op en doen hul bes. Vir hierdie leerders werk dinge gewoonlik goed uit.
Maar ek verkwalik sommige ouers vir hul kinders se gedrag. Die kind het nie AAHS nie – na my mening word baie kinders se brein tuis “mishandel”.
Ek kan nie sê in hoe ’n mate die Hollandse ondersoek geldig is nie maar ek dink daar steek báie in – nie met al my AAHS-leerders nie, maar met party.
Dit val my al jare lank op dat kinders wat sleg eet, of met baie bederfgoed by die skool aankom, sukkel om aandag te gee. As jy mooi luister, hoor jy hoe baie kinders leef op ‘pies en coke’ of ‘burgers en coke’ of ‘chicken wings en coke’ ….
Kyk jy in hul kosblikkies, kry juis hierdie kinders die ongesondste skoolkos, soos pofskyfies en lekkergoed. Hulle sien nooit iets soos ’n gesonde eier, volgraanbrood, kaas, jogurt, neute, grondboonbotter of ’n appel of piesang nie. Al groente wat hulle ooit tuis kry, is die kwart tamatie of halwe slaaiblaar wat soms saam met ’n hamburger kom. Party kry net eenvoudig te veel soetgoed in hul kosblik, soos ’n versoete melk, vrugtesap, soet jogurt en nog lekkergoed of tjips ook.
’n Gebrek aan ’n vaste en stabiele roetine met tyd vir huiswerk, speel, eet, bad en ’n vaste slaaptyd is dikwels ook ’n probleem. As jy uitvra, hoor jy dat van jou leerders twee, drie keer per week eers tienuur gaan slaap het.
Baie word voor die TV neergeplak tot hulle omval en dan in die bed gesit. Ander kinders is vroeg bed toe maar speel ure later nog selfoonspeletjies. Dit is nie regtig speletjies nie – dit verg konsentrasie en put die brein uit.
Ouers van skoolkinders behoort nie in die week ‘klein Saterdag’ te vier, asof hulle nog studente is nie.
’n Gesonde roetine vir hul kinders moet nou eerste kom.
En dan hoor ek gereeld dat kinders bedags ná skool heeltyd en onbeperk TV kyk. Kinders het van nature baie energie. As hulle te min aktief speel, gaan daardie energie iewers moet uitborrel.
Hoe kan jy dan verwag die kind moet konsentreer as hy oormoeg is, wangevoed is, sonder roetine en dissipline is, en met opgehoopte energie sit?
Ek is ten gunste van AAHS-medikasie, want ek sien jaar na jaar die groot verskil wat dit maak. Al wat ek elke ouer vra vir wie se kind ek skoolhou, is om na jul leefstyl óók te kyk. Dit is belangrik, want dit maak jou kind leerbaar.
Asseblief, voed jou kind se brein met baie groente en vrugte, baie melk, genoeg gesonde stysels soos verrykte brood en hawermout vir ontbyt, twee of drie porsies proteïen soos eier en vleis en ook ’n bietjie gesonde olies soos olyfolie en kanola.
En gee jou kind se dag struktuur, dat daar vir alles tyd is – ook vir genoeg speel en slaap.
– Graad 3-onderwyseres
Lees ook: Sensoriese integrasiedisfunksie: Wenke van ’n juffrou en ma
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.