Wat jy moet weet oor ystertekort deur Anet Schoeman.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Skeelhoofpyne, vergeetagtigheid, moegheid, hare wat uitval … ’n tekort aan yster kring veel wyer as net bloedarmoede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dr. Vernon Louw, ’n hematoloog verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, sê dat ’n ystertekort die mees algemene gesondheidsprobleem in die wêreld is en dit affekteer meer as 2 miljard mense.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Yster is die hoofbestanddeel vir die produksie van hemoglobien wat die molekule in jou rooibloedselle is wat suurstof vervoer. ’n Tekort aan yster kan dus tot bloedarmoede lei.
Yster speel ook ’n belangrike rol in die werking van al jou organe; veral jou brein, lewer en hart.
Omdat vroue in hul reproduktiewe jare elke maand bloed deur maandstondes verloor, is dit die groep wat ’n hoë risiko loop vir ystertekort.
Dis ook die mees algemene oorsaak vir probleme tydens swangerskap. Om alles te kroon verloor ’n vrou ongeveer 1 000mg yster tydens ’n swangerskap wat ongeveer ’n kwart van haar eie ysterstore is.
Daar is ook sprake van ’n moontlike verbintenis tussen ’n ystertekort en postnatale depressie.
Lees ook: Yster of folaat?
Foto: pexels
Buiten vroue wat menstrueer en swanger vroue, loop die volgende mense ’n hoër risiko vir ystertekort:
Foto: pexels
Baie mense – en dit sluit professionele gesondheidswerkers (“health professionals”) in – dink dat jy boedarmoede moet hê voor jy ’n ystertekort het.
Tog kan jy al die simptome vir ’n ystertekort hê sonder dat jy anemies is.
Hierdie simptome sluit die volgende in:
Die meeste mense met ’n ystertekort sal minstens een van hierdie simptome hê, maar gewoonlik is dit meer.
Lees ook: Moegheid weens lae ystervlakke of Vitamien B?
Foto: pexels
Suid-Afrikaners het ’n hoë voorkoms van aangebore hemochromatose.
Dis ’n oorerflike kondisie waar uitermatige absorpsie van yster uit ’n normale dieet kan veroorsaak dat die liggaam met yster oorlaai word.
Ongelukkig kan ons liggame nie van ekstra yster ontslae raak nie en dan versamel dit in die lewer, pankreas, hart en ander organe. As dit nie behandel word nie kan dit tot orgaanversaking lei.
Een uit elke ses Suid-Afrikansers dra een geen hiervoor en een uit elke 116 het twee gene wat hul baie geneig maak om te veel yster te absorbeer.
Dus moet jy altyd eers toets of ’n dokter spreek voordat jy ysteraanvullings neem.
Lees ook: Hoekom jy nie self ysteraanvullings moet doen nie
Jy kan met ’n vingepriktoets (Ferricheck kan by ’n apteek gekoop word) toets, of jy kan bloed laat trek om by ’n laboratorium getoets te word.
Om seker te wees moet vir die volgende getoets word:
Lees ook: Hoekom doen my dokter ’n vingerprik-ystertoets?
Moenie ysteraanvullings neem as jy nie vasgestel het dat jy wel ’n tekort het nie.
Jy kan ’n ystertekort deur jou dieet aanspreek, maar medikasie kan dit gouer korrigeer.
Maer vleis en lewer is van die beste bronne van yster. Hoender en vis is ook goeie bronne.
Moenie koffie en tee saam met maaltye drink nie, want dit benadeel absorpsie.
Yster word beter geabsorbeer as dit saam met Vitamiene C ingeneem word. Eet dus vrugte en groente wat hoog is in Vitamien C is soos sitrusvrugte, aarbeie, broccoli en lemoensap.
Sekere medikasie soos teensuurmiddels wat sooibrand behandel, belemmer die absorpsie van yster. Dit geld H2-blokkers sowel as protonpompinhibeerders. As jy hierdie medikasie neem, neem dit in die oggend en drink ysteraanvullings in die aand.
Nuwe studies toon dat dit meer effektief is om elke tweede dag ’n ysteraanvulling te drink as om dit daagliks te doen. Hierdie nuwe manier van toediening is meer effektief en het beter resultate as om dit daagliks of twee keer per dag te neem. Dit wil voorkom of jou liggaam kanale om yster te absorbeer vir 48 uur afsny as jy aanvullings neem. Dus werk dit meer effektief om dit elke tweede dag te neem.
Lees ook: Kosse ryk aan yster
Hooffoto: spawns/istock images
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.