Wat jy moet weet oor kouevleis deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Daniel Madrigal
Die kunsies van kouevleis
- Hou dit te alle tye yskoud. Kouevleis wat nie binne 2-3 dae ná oopmaak gebruik is nie, kan gevaarlik wees. Gooi dit weg.
- Gebruik ’n skoon vurk om die snytjies vleis of worsies uit die verpakking te haal – nooit jou vingers nie.
- As jy net ’n gedeelte van ’n groot polonie, ham of salami wil gebruik, sny met ’n skoon mes soveel af as wat nodig is. Bêre die res eers in ’n skoon bakkie, of nuwe plastieksakkie voor jy jou stuk in kleiner porsies opsny.
- Kies die koelste rak in jou yskas vir vleis.
- Bêre kouevleis afsonderlik van al jou ander kos – veral van jou kaas, melk en groente.
- Bêre ook gaar vleis, rou vleis en kouevleis afsonderlik van mekaar. Drie groot plastiekbakke met digsluitende deksels is ’n praktiese oplossing.
- Hou die vleisrak en vleishouers superskoon en higiënies.
Lees ook: Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer