kategorieë: FiksheidGesondheid

Wat jy moet weet oor die Discovery 947 Ride Joburg 2019

Wat jy moet weet oor die Discovery 947 Ride Joburg 2019 deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy nog nie jou inskrywing vir die grootste fietsrywedren in Johannesburg het nie is dit tyd dat jy wikkel! Die Discovery 947 Ride Joburg vind op Sondag 17 November 2019 plaas en spring by Riversands Commercial Park weg. Die bergfietswedrenne is op 9 en 10 November en spring by Steyn City weg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 9 belangrike dinge wat jy moet weet om jou fiets te verseker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die roete

Verlede jaar se omgekeerde roete was so gewild dat dit hierdie jaar dieselfde gaan bly!

Hoewel mense oor die algemeen gevind het hul tyd is ’n paar minute stadiger, is dit voorwaar veel lekkerder om met die wind in jou hare teen die afdraand te eindig as die eindelose geswoeg in die laaste gedeelte van die wedren met die vorige roete.

Vele fietryers het al lang trane gehuil teen daai bult op Cedar. Om nie te praat van die verradelike heuweltjies in Steyn City as jou gô al lankal uit is nie …

Lees ook: Oefen só as dit baie warm is

Discovery 947 Ride Joburg 2019

’n Nuwe korter opsie

Vir diegene wat bietjie laat slaplê het met oefening, of nog nie so ervare is nie, is daar hierdie jaar vir die eerste keer ’n opsie om ’n korter roete van 40km te doen.

Die wegspring is dieselfde, maar dan is daar ’n welkome kortpad en sluit dit weer by die algemene roete aan by die Athol Oaklands wisselaar langs Melrose Arch. Die wegspring behoort ongeveer om 09:30 plaas te vind. Die finale tyd sal eers later gefinaliseer word as al die inskrywings vir die volle afstand in is.

Die organiseerders hoop om vele meer fietsryers die kans te bied om te deel in die opwinding van hierdie ikoniese wedren. Eerstens gaan die gereelde oefening van die voorbereiding jou fiks en gesond maak en dan is daar die wonderlike voorreg om ook vir ander geld in te samel met die Ride for a Purpose-inisiatief.

Lees ook: Waarvoor wag jy? Dis tyd om fiks te raak!

Discovery 947 Ride Joburg 2019

Bergfietswedren met nuwe wegspringplek

Die bergfietswedrenne is op 9 en 10 November met ’n keuse tussen 10km, 25km, en 55km. Die wegspringplek is nuut en begin in Steyn City. Daar is ook opsies vir kinders op Saterdag 9 November en maak voorsiening vir oudersdomsgroepe van twee tot tien jaar oud.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor switchbacks

Sluitingsdatum

Onthou dat die inskrywings vir die bergfietswedrenne op 4 Oktober sluit en die padfietswedrenne op 16 Oktober. En maak seker dat jy en jou fiets vroegtydig tyd saam begin deurbring. Dit kan ’n lang dag in die saal word as jy lyf weggesteek het met oefen. Loer hier vir meer inligting.

Lees ook: Jy is nooit te oud om te begin fietsry nie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.