Wat jy moet weet oor diabetes 3 deur Salomé Delport. Foto iStock/Planet Flem
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dokters weet al lankal dat mense met diabetes meer geneig is om later Alzheimersiekte (AS) daarby te ontwikkel. Nie almal nie – maar wel oorgenoeg om ’n mens bekommerd te maak. Syfers wêreldwyd bevestig AS by sowat die helfte van diabete.
Dié feit het navorsers laat wonder of die twee siektes iets met mekaar te doen het, en die prentjie neem stadig vorm aan. Hierdie vorm van diabetes/AS word nou breindiabetes, diabetes 3 of tipe 3 diabetes mellitus (T3DM) genoem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Moet ons iets daarvan weet? Beslis.
Sowat 50% van ons is oorgewig en kan diabetes ontwikkel. En ons sukkel om die vetjies weg te werk, wat wys iets skort met ons dieet, of ons manier van dieet. Daarby dra 20% van ons die APOE4-geen vir AS.
Lees ook: Wat jy moet weet oor tipe 2-diabetes en gewigsverlies
Is diabetes dalk jou voorland?
’n Bietjie vergeetagtigheid en selfs ’n sterk streep demensie tot formele AS is meer algemeen onder mense bo sestig, en so te sê “normaal” onder mense bo tagtig. Het dit regtig met diabetes te doen, of is dit net ’n teken van breinveroudering?
Baie navorsers dink diabetes 3 is nié Alzheimersiekte of sommer net diabetes 2 wat die brein ook aantas nie. Dit is ’n afsonderlike toestand. Hulle grond dit op die feit dat nadoodse ondersoeke van die breinweefsel van AS-slagoffers oortuigend aandui dat AS en insulienweerstandigheid saam in die brein aanwesig is onder 40%-65% van hulle, en dat probleme met brein-glukose dieselfde soort letsels as AS in die brein veroorsaak.
Daar is ook vasgestel dat mense met meer breinagteruitgang meer probleme met breinglukose het, en dat die brein van mense met minder breinglukose ook krimp en meer struktuurskade toon.
Dit lyk dus regtig of daar iets soos breindiabetes moet wees en dat dit met AS verband hou. Tog is die algemene indruk dat dit waarskynlik nie al oorsaak van AS is nie. Maar dit is ’n belangrike een, en vermoedelik die rede by die helfte van AS-lyers.
Lees ook: Kan jy Alzheimersiekte keer?
Navorsers aan die Mayo-klinieke in die VSA, dr. Guojin Bu en prof. Mary Leary, het verlede jaar bevind dat die skakel moontlik die APOE4-geen is. Dis ’n geen wat een uit elke vyf van ons dra en is aanwesig by 40%-65% van mense met AS. Hulle kon in muise aandui dat muise met die APOE4-geen ook insulienprobleme het.
Hulle kon selfs die werking daarvan identifiseer: Jou brein gebruik glukose as sy brandstof – en baie daarvan. Hy neem glukose op met behulp van reseptors op die neurone (breinselle) sodat hulle dit as energie kan gebruik. APOE4-proteïen “wen” altyd as dit by hierdie reseptors kom. So keer dit dat jou breinselle genoeg glukose kry. Met te min hiervan vir energie sterf hulle geleidelik af, en kry jy die breinskade wat tipies van AS is..
Hoe verskil dit van tipe 2-diabetes, wil ’n mens vra. Met gewone diabetes “verhonger” jou liggaamselle mos ook omdat glukose nie in die selle ingeneem kan word nie. Die nuwe teorie is dat diabetes 1 en 2 probleme regdeur die liggaam veroorsaak, terwyl diabetes 3 spesifiek die werking en struktuur van die brein aantas.
Dit klink skrikwekkend maar eintlik is dit ook goeie nuus as AS en/of die APOE4-geen in jou familie loop, aangesien nuwe medikasie op die navorsingsresultate gegrond kan word.
Soms duik onverwagse moontlikhede op, soos dat medisyne wat vir diabetes bedoel is dalk ook teen AS help, volgens navorsing wat in Brain Research verskyn het. Dié navorsing is nog in die muistoetsstadium maar as diabetes met AS te doen het, maak dit net sin. Die beste van alles is dat dit wys dat jou leefstyl AS kan klop.
Dit klink na dieselfde ou rympie maar dit werk, dit voorkom selfs die siekte én dit behels goed wat jy maklik kan doen, soos om elke dag te oefen tot jy sweet.
Los die suikers en verfynde “wit” koolhidrate.
Eet meer gesonde olies – avokado, neute, vet vis (sardiens, makriel, salm en snoek), olyf-, avokado- en kanola-olie.
Oorweeg dit om gereeld te vas.
En hou jou brein skerp op watter maniere ook al vir jou plesierig is.
Lees ook: Haal die meeste uit jou brein
8 eenvoudige breinoefeninge wat vir almal werk
Klop die ouderdom met brein-woema
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.