Ferritien | Hemoglobien | Wat dit beteken |
Hoog | Hoog | Jy het hoë ystervlakke. Jou dokter kan jou vir ysteroorlading laat toets, as jy ook simptome het soos lewersirrose, chroniese gewrigpyn, maagpyn en ’n opvallend bronsagtige velkleur het. |
Normaal | Laag | Jy het jy waarskynlik ’n anemie wat niks te doen het met yster nie maar eerder met ’n tekort aan vitamien B12 of folaat. Jou dokter sal dan hiervoor laat toets, en jy sal dit met dieet of met ’n vitamien B12 inspuiting regstel |
Laag | Laag | Jy verloor om een of ander rede aanhoudend yster, waarskynlik deur bloeding, soos menstruasie maar ook onder meer weens kankers soos maag en kolonkanker, seliaksiekte, weens te min ysterryke kosse in jou dieet, en selfs weens wurms. (Wenk: maak seker dat jou dokter dit verder ondersoek, veral omdat dit kan help om kanker vroeg op te spoor.) (Is jy ’n atleet? Baie padatlete verloor ook bloed in hul voetsole, weens die impak van hardloop op die voetsole wat die aartjies in die sole laat bars met minibloedings tot gevolg.) |
Laag | Normaal | Jy het nie ‘spaar’ yster nie. Jou dokter sal waarskynlik aanbeveel dat jy meer ysterryke kosse eet. |
Laag | Hoog | So ’n uitslag is baie seldsaam, en dui op ’n skaars siekte, polisitemie rubra vera |
Hoog | Laag | Jy het moontlik ’n chroniese infeksie of inflammasie, soos HIV-vigs of TB, of ’n ander immuniteitstoestand. Wenk: maak seker dat jou dokter dit verder ondersoek |
Normaal | Normaal | Jy het goeie ystervlakke |
Lees ook:
Hoekom doen my dokter ’n vingerprik toets?
My dokter het ’n hemoglobientoets gedoen. Wat beteken my hemoglobientelling?