kategorieë: Wenke

Pigmentasie: Wat jy moet weet

Pigmentasie beteken verkleuring en beïnvloed dus die kleur van jou vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Velselle gee kleur aan jou vel deur melanien te vervaardig. As hierdie selle beskadig of ongesond word, beïnvloed dit die melanienproduksie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek sê gewoonlik vir my pasiënte dat pigmentasie ’n lewenslange toestand is,” sê dr. Yves Herbert. Dit moet ook so behandel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kanse is skraal dat die toestand ooit heeltemal sal weggaan. As jou vel teveel melanien vervaardig, word dit donkerder (swangerskap en sonblootstelling kan onder meer oorsake hiervan wees). Dit is uiters belangrik om teveel sonblootstelling te vermy as jy pigmentasie wil verminder. ’n Breëspektrum-sonskerm is ’n moet. Wanneer jou vel te min melanien vervaardig, word dit ligter.

Saam met plooie en veroudering is pigmentasie een van die mees algemene klagtes. Filorga se navorsing wys dat 30% van vroue tussen 30-39 en 60% van vroue ná 60 hiermee sukkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons sê probeer:

Filorga Pigment Perfect Dark Spot Corrector Serum. Dit bevat onder andere vitamien C om melaniensinteses te verminder en jou gelaat helderder te laat lyk.

Guerlain Blanc de Perle Refreshing Hydrating Cream. Dit bevat baie antioksidante, bevog jou vel deeglik, verminder pigmentasievlekke en laat jou vel meer glansend lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

4 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

9 hours Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

3 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

3 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.