Kaffir-lemmetjie (kaffir lime leaf) is ’n sitrusplant van Suidoos-Asië. Kenmerkend van die plant is sy aromatiese, uurglasvormige blare en die vrug se growwe skil. Wees op die uitkyk vir die gedroogde blare.
Sitroengras (lemon grass): Word algemeen in Oosterse en Karibiese geregte gebruik. Die buitenste deel van die stingel is hard, maar die binneste, sagte deel kan gebruik word. Kap die stingels fyn of kneus dit om die geur vry te stel voor jy dit by jou kos voeg.