Pinotage-feite
- Die pinotage-druif is eg Suid-Afrikaans en het ontstaan toe professor Abraham Perold ’n pinot noir- en cinsaut-kultivar in
die twintigerjare gekruis het. - Min mense weet dat pinotage op eie bodem nie erkenning gekry het nie en op die punt was om as vuurmaakhout ingespan te word. Gelukkig vir ons het dit aan die begin van die vorige dekade Britse en Amerikaanse wynkenners se aandag getrek en almal met nuwe oë daarna laat kyk.
- Die naam pinotage is ’n kombinasie van pinot noir en hermitage.
- Pinotage word dikwels in Suid-Afrika vir die maak van rooiwynversnitte gebruik. Só ’n versnit word dan as ’n Kaapse versnit geklassifiseer.
- Die pinotage-druif word gou ryp en is die eerste rooi druif wat geoes word.
- Dis ’n ryk en vol wyn en is die perfekte pasmaat vir bredies of ’n eg Suid- Afrikaanse braai.
Sleutelwoorde wat by pinotage pas
Pruim
Piesang
Kooklekkers
Naeltjies
Vrugtekoek
Kaneel
Framboos
Moerbei
Kersies
Speserye
Viooltjies
Wilde kruie
Sjokolade
Vanielje
Koffie
Mokka
Marsepein
Fleurig
Soet
Robuus
Soepel
Sappig
Pikant