Wat is ’n vel-babelas en wat kan jy daaromtrent doen? deur Suzanne Kotzé. Foto: ASIFE/iStock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Jou vel is die grootste orgaan in jou liggaam en dit voel ook die nagevolge van die gifstowwe in alkohol, net soos jou maag, kop en brein die volgende dag voel,” sê dr Janine Ellenberger, stigter van GR8 Skincare.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dr Riekie Smit sê dat alkohol (net soos spanning, ooreet, te min voedingstowwe, rook en sonskade) veroorsaak dat vrye radikale in jou vel ophoop en velskade veroorsaak. Jou vel het die natuurlike vermoë om dit teen vrye radikale te beskerm, maar as meer vrye radikale vorm as waarteen ons vel dit natuurlik kan beskerm, vind ’n proses genaamd ‘oksidatiewe stres’ plaas en dit is wanneer ons wakker word met ’n vel-babelas.
Dr Janine Ellenberger verduidelik
Voeg ’n anti-oksidant-serum by jou velsorg-roetine
Dr Riekie Smit sê dat jy so veel as moontlik produkte met anti-oksidante (soos vitamiene C en E) moet gebruik aangesien anti-oksidante die oksidasieproses neutraliseer. Neem genoeg anti-oksidante in (deur vrugte en groente te eet) voordat jy jou vel aan oksidasie blootstel (wat veroorsaak word deur onder andere alkohol) en voeg ’n anti-oksidant-serum by jou velsorgroetine.
Hidreer jou vel
“Kies produkte ryk aan hialuriensuur, Omega 3, vitamien A, C en anti-oksidante om dit te beskerm teen die newe-effekte van alkohol,” beveel dr Janine Ellerberger aan.
Vermy oormatige suikerinname
“’n Dieët ryk aan suiker veroorsaak glikolering (die proses waardeur suikermolekules met die protëine van jou vel – soos kollageen en elastien – bind en dan skade en voortydige veroudering veroorsaak) en inflammasie,” verduidelik Heidi Cerfontyne, Nimue Skin se navorsing- en ontwikkelingskundige. En onthou alkohol bevat ook suiker, so dit is dan juis belangrik om ander suikers in jou dieet te verminder.
Drink baie water
Dit help jou lewer om dehidrasie te verminder.
Onthou sonskerm as jy buite kuier
“As jy in die buitelug kuier, onthou sonskerm. Dit verminder die kanse van gebreekte bloedvaatjies en keer dat jou wange en neus nog rooier word,” sê dr Janine.
Nimue se SPF 50 Environmental Shield (R605) beskerm jou teen UV blootstelling asook die effek van blou lig.
Rehidreer en versterk jou sperfunksie
“Gebruik produkte wat jou vel voed en wat hialuriensuur, Omega 3 essensiële vetsure en seramiedes bevat wat sal help om jou gedihreerde sperfunskie te ondersteun om so vog en plompheid te kan terugplaas in jou vel,” sê dr Janine Ellenberger
GR8SKN ALT (R369) is ‘n pre-reinigingsolie vir olierige en gedehidreerde vel. Dit werk ook goed as’n diep bevogtiger vir jou gesig en lyf.
Nimue se Pre and Post Serum (R 397) versterk jou sperfunksie teen waterverlies gedurende sonblootstelling en die uitwerking van te veel eet en drink.
Kies ’n produk wat Vitamiene C bevat
“Ondersteun jou bloedvaatjies wat gevaar staan om te breek met ’n produk wat hoog is in Vitamien C. Vitamien C help ook om die afbreek van kollageen te voorkom,” veruidelik dr Janine Ellenberger.
Vitamiene A kan jou vel helderder laat lyk
“Dit vermeerder selhernuwing en raak ontslae van dooie selle op jou veloppervlak en help om die skade wat aangerig word deur die gifstowwe in alkohol om te keer,” sê Dr Janine.
GR8SKN RESET (R425) bevat Vitamien A, anti-inflammatoriese probiotika, anti-oksidante, Vitamien C en hialuriensuur.
Dr Janine Ellenberger sê
Nimue Exfoliating Enzyme (R615) skilfer sagkens af en laat jou vel helderder lyk.
Kies hidrerende produkte wat hialuriensuur, Omega 3, Vitamien A, C en anti-oksidante bevat om die inflammasie, dehidrasie en afbreek van kollageen wat deur alkohol veroorsaak word, teen te werk.
GR8SKN CTRL (R329) is ’n hidrerende kleimasker wat ook hennepsaadolie en aalwyn bevat om die vel te voed.
Nimue Super Hydrating Serum (R975) help om waterverlies en dehidrasie te keer.
Slaap genoeg
Slaap is noodsaaklik sodat jou velselle kan herstel en vernuwe. As jy min of sleg slaap veroorsaak dit dat jou melatonienproduksie afneem. Melatonien is die hormoon wat afgeskei word terwyl jy slaap. Soos ons egter ouer word, word ook al hoe minder van die hormoon vrygestel en dit kan bydra tot ’n dowwe gelaat, rooiheid en vergrote porieë. Meng jy min slaap met oormatige alkoholgebruik word dit eintlik dubbeld so erg!
Filorga NCEF-Night Mask (R899) is ’n masker wat jy saans aansmeer en daarmee slaap. (dalk ’n goeie opsie na ’n laat aand!). Dit bevat ’n rits aktiewe bestanddele (hialuriensuur, vitamienes, amino-sure, minerale en anti-oksidante) wat geïnspireer is deur estetiese medisyne sodat jy kan wakker word en jonger lyk. Dit is spesiaal geformuleer vir slapelose nagte, moeë vel en vel wat deurloop onder spanning.
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.