Hooffoto: Andrea Piacquadio
Wat is mikronaaldbehandelings? Deur Leandri de Kock.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dr Jan Nel en dr Judey Pretorius deel hul kennis oor mikronaaldbehandelings.
Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Tydens ‘n mikronaaldbehandeling word ‘n toestel met fyn, klein naaldjies gebruik om oor jou vel te beweeg. Die mikronaalde maak klein, mikroskopiese gaatjies in jou vel tot by die dermis sodat kollageen gestimuleer word en meer elastien vervaardig kan word. Dit stimuleer ook bloedvloei wat gevolglik ’n herstellingsproses begin. Die mikronaaldbehandeling verminder fyn lyne en plooie, gee jou vel ‘n gladder en egaliger tekstuur en kan selfs diep littekens wat deur aknee veroorsaak is ligter maak” sê dr Jan Nel.
Dr Jan sê dit word vir mans én vroue van die ouderdom van 25 af aanbeveel omdat kollageen teen 28 drasties begin afneem (meer spesifiek in vroue).
Hy sê velbehandelings soos mikronaaldbehandeling en chemiese afskilfering moet gereeld herhaal word om die resultaat en die velgehalte te onderhou, veral as daar ‘n spesifieke probleem is wat behandel word. Dit kan maandeliks gedoen word en jou velgehalte sal op die duur verbeter en behou word. Goeie velgehalte is ook voordelig as jy gereeld botoks of vullers kry.
“Die behandeling is veilig as dit deur ‘n gekwalifiseerde terapeut of somatoloog gedoen word. Jou vel word deeglik voorberei om die behandeling te kan hanteer asook ná die tyd om goed te kan herstel,” sê dr Jan. Tuisbehandelings en -toestelle word nie aanbeveel nie omdat die vel moontlik nie reg voorberei gaan word nie en toestelle nie gesteriliseer word nie. Tuisbehandelings kan soms meer skade aanrig.
Dr Judey Pretorius sê dis gewoonlik serums, byvoorbeeld vitamien C, hialuronsuur, retinoïensuur en ander tipes vitamiene en minerale. Deesdae kan die behandeling ook vir haarverlies gebruik word. Die behandling help dus om nuwe haargroei te stimuleer.
“Nee, dit hang grootliks af waar jy dit wil aanwend,” verduidelik dr Judey verder. “Ons verkies om nie te diep op die gesig te gaan nie, en naalde van 0,5 mm tot 1 mm word gebruik. Op ou chirurgiese littekens soos dié van ’n keisersnit kan ‘n mens effens dieper gaan, ongeveer 1,5 mm tot 2 mm.”
Capetowndoctor – Suite 205, North Wing, Granger Bay Court. V&A Waterfront, Cape Town of besoek www.biomedicalemporium.co.za
Hooffoto: Andrea Piacquadio
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.