Sleutelwoorde wat by merlot pas
SWARTBESSIE
BRAAMBESSIE
SWART OLYF
MOERBEI
KRUIDAGTIG
PRUIM
FRAMBOOS
SJOKOLADE
KOFFIE
KERSIE
VOLROND
FLUWEELAGTIG
RYK
GLAD
SOEPEL
VANIELJE
HELDER ROBYNROOI
VIOOLTJIE
Merlot-feite
– Volgens oorlewering kry merlot sy naam van ’n ou Franse woord wat “klein swart voëltjie” beteken. Dié voëltjie was dol op die merlot- bessie en het dit bo die ander druiwe in die wingerd verkies.
– Merlot word dikwels as ’n versnit saam met cabernet sauvignon gebruik, want dit versag die tannien op die palet en word al eeue lank as deel van die Bordeauxversnit gebruik.
– Wanneer dit as ’n enkelkultivar gemaak word, is dit sagter en volronder en moet dit vroeër gedrink word as ’n wyn wat in dieselfde styl met cabernet sauvignondruiwe gemaak is.
– Hoewel merlot nog altyd baie gewild in Frankryk was, is dit eers betreklik onlangs in die “Nuwe Wêreld” aangeplant.
– In Kalifornië neem die gewildheid van merlot geweldig toe.