Chenin Blanc-sleutelwoorde
Spanspek
Perske
Perske
Appelkoos
Koejawel
Appel
Grenadella
Suurlemoen
Pynappel
Gras
Blomme
Sitrus en tropiese vrugte
Wanneer Chenin Blanc gehout is, selfs ook:
Heuning
Amandel
Vanielje
Geroosterde ondertone
Amandel
Vanielje
Geroosterde ondertone
Chenin Blanc-feite
Suid-Afrika verbou meer Chenin Blanc as enige ander plek in die wêreld en is ook die kultivar wat die meeste in Suid- Afrika aangeplant word.
- Chenin is net so gewild in die Loire-vallei in Frankryk (waar die kultivar sy naam gekry het). Chenin is ’n dorpie in dié vallei en “blanc” beteken wit.
- Daar was sedert 1997, toe dit dertig persent van alle wingerde beslaan het, ’n afname in die hoeveelheid Chenin Blanc wat in Suid Afrika geplant is. Vandag beslaan dit sowat twintig persent, maar daar is ’n herlewing wat die gehalte betref.
- Wynmakers fokus die afgelope jare daarop om Chenin Blanc van gehalte te produseer. Al hoe meer houtverouderde Chenin Blanc-wyne word bekend gestel vanweë dié kultivar se natuurlike affiniteit vir hout.
- Die Chenin Blanc-vereniging is in 2000 gestig. Tesame met die jaarlikse Wine Magazine Chenin Blanc-kompetisie het dit baie gedoen om die beeld van Chenin Blanc te verbeter.
- Chenin Blanc is ’n baie veelsydige druifsoort en kan gebruik word om ’n verskeidenheid wyne te maak, van vonkelwyne tot droë nageregwyne, sjerries,brandewyn en wit port.