“Aminosure is die boublokke van ons vel,” sê Riette van Tonder, Clinique se nasionale opleidingsbeampte.
“Hulle is die molekules waaruit proteïene bestaan en groepeer saam om peptiedes te vorm. Dit is ’n gewilde bestanddeel in teenverouderingsprodukte en is veral gewild onder mense wat sensitief is vir alfahidroksiesure.”
Ekstern bind hulle met selle om jou vel glad en vogtig te maak en intern help dit om meer kollageen te vervaardig.
Volgens Riëtte sal die langdurige gebruik van ’n produk wat wei-proteïen, ’n sort aminosuur, bevat, jou vel sterker en fermer maak en die voorkoms van lyne en plooitjies verminder.
Ons sê, probeer
Clinique Repairwear Lift Laser Focus Wrinkle & UV Damage Corrector
Bobbi Brown Extra Bright Advanced Serum