Die tennisster met 23 Grand Slam-titels, Serena Williams, het op 1 September geboorte geskenk aan haar eersteling. Serena en haar verloofde Alexis Ohanian (die mede-stigter van Reddit) het die geslag van die babatjie stilgehou, maar dit is die naweek onthul dat hulle ’n dogtertjie ryker is. Die baba se naam is nog nie onthul nie en daar is nog geen foto’s beskikbaar nie. Alhoewel Serena die res van die jaar op kraamverlof sal wees, hoop sy om teen volgende jaar weer aan toernooie deel te neem.
Het jy dalk Serena se Ooievaarstee in Augustus gemis? Die tema was 1950’s en haar vriendinne het met oorgawe by die voorkoms gehou.
Nog ’n tennisspeler wat hierdie naweek ’n dogtertjie ryker geword het, is Novak Djokovic. Sy vrou, Jelena, het geboorte aan hul tweede kind, Tara, geskenk. Hul oudste kind is ’n seuntjie genaamd Stefan. Alhoewel Djokovic nie op kraamverlof is nie, het hy hierdie jaar heelwat toernooie uitgesit as gevolg van ’n elmboogbesering, maar beoog om ook weer in 2018 deel te neem.
Verlede week was vol huldeblyke aan Prinses Diana wat 20 jaar gelede oorlede is na ’n noodlottige ongeluk in Parys op 31 Augustus 1997. Die koninklike gesin het aan verskeie gedenkseremonies en besoeke deelgeneem om Diana se lewe te vier en haar nalatenskap te bevorder.
They wanted to say thank you to those who made the journey to Kensington Palace.
?PA. pic.twitter.com/gj9R7pWQbz— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) August 30, 2017
Die Britse koninklike gesin het wel vrolike nuus om aan te kondig aangesien daar sopas onthul is dat Prinses Kate swanger is met haar en kroonprins William se derde kind.
The Duke and Duchess of Cambridge are very pleased to announce that The Duchess of Cambridge is expecting their third child pic.twitter.com/DZCheAj1RM
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) September 4, 2017
’n Persverklaring is ook uitgereik wat noem dat alhoewel Kate gesond is, ly sy aan Hyperemesis Gravidarum (’n toestand tydens swangerskap wat soortgelyke maar meer ernstige simptome, komplikasies en gevolge toon as blote oggendnaarheid) en ontvang tans mediese aandag van die dokters by die Kensington Paleis. Sy het dieselfde toestand ondervind met haar vorige twee swangerskappe.
Read the press release in full ↓ pic.twitter.com/vDTgGD2aGF
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) September 4, 2017