Wat het geword van maniere?

Wat het geword van maniere? deur Ina Genade

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ina Genade se blog

“Wat het geword van maniere?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit blyk ’n baie gewilde onderwerp vir skoolmondelings en redenaarstoesprake te wees. Dit syfer ook daagliks deur op sosiale media as iemand vererg vertel van ’n ongemanierde buffel waarmee hy of sy koppe gestamp het. Dadelik klik almal simpatiek saam en kort voor lank raak dit ’n effe ongepoetste gedoente soos die buffel tot die varkhok verdoem word.

Vra enige onderwyser wat ’n skaars kommoditeit goeie maniere deesdae in die klaskamer is en oombliklik verlang almal, oud en jonk, na die goeie ou dae. Die tyd toe kinders nog gesien, maar dikwels nie gehoor is nie en die lat paraat die praatwerk kon doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nadat lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole kort na 1994 onwettig verklaar is en die Grondwet en Skolewet van 1996 streng riglyne neergelê het wat betref die toepassing van dissipline, was onderwysers dikwels hande in die hare. Skielik is ’n afskrikmiddel weggeneem en opvoeders met reeds te min tyd tot hulle beskikking, moes van voor af en kreatief besin oor hoe om orde in die klaskamer te handhaaf.

Met ’n hand wat soms danksy ’n belaglike dik Transvaalse Onderwysdepartement-liniaal nog gebrand het tot lank ná die winterryp op die Potchefstroomse skoolgrasperke gesmelt het, is ek self geen voorstaander van die “wetter-hulle-beter”-konsep nie.

Die kere dat my eie kroos ’n dwarsklap op die boud gekry het, het ek heimlik gedink dat daar sowaar beter maniere moes wees. Want, só ’n klap kom myns insiens té instinktief en geniepsig om opvoedingswaarde te hê. ’n Mens wil immers die bloedjies leer dat konflik en gedrag nie deur geweld reg gestel kan word nie. Niemand is beïndruk deur ’n volwassene wat appels swaai sodra hy nie sy sin kry nie.

Oor die konsep van lyfstraf, wil ek my eerder nie verder uitlaat nie. Ek weet heelwat mense is warm onder die kraag oor die nuwe wetgewing wat nou ook lyfstraf tuis verbied. Of dit die gewenste effek sal hê dat minder kinders mishandel word, twyfel ek. Ek dink dit vergelyk goed met die vuurwapenlisensiewet – dit hou meestal net die wetsgehoorsames in toom; die skelms sal steeds soos cowboys tekere gaan.

Maar, met die roede en ander afskrikmiddels gespaar, wat staan opvoeders – eerstens ouers, maar tog ook onderwysers, afrigters en mede-ouers – te doen om dissipline te handhaaf en dus maniere vas te lê?

Wat het geword van maniere?

Ek dink die kernoplossing hier is:  Voorbeeld.

As jy as ouer, onderwyser of volwasse kennis jou kougompapiertjie – of sommer die hele dekselse KFC-bruinpapiersak! -op die sypaadjie gooi, kan jy verwag dat die kleinspan nie moet rommelstrooi nie?

As jy wat volwassene is, gereeld haastig-haastig met jou oë vasgegom aan die selfoon in jou hand,  eerste by ’n winkeldeur indruk – kan jy verwag dat kinders opsy sal staan om ouer mense, vroue en énigéén, bloot weens goeie maniere eerste te laat instap?

As jy as volwassene jou vurk in die een hand en jou selfoon in die ander aan tafel vashou – kan jy verwag dat jou kinders tafelmaniere en foonetiket sal ken?

As jy gereeld van So-en-So as Skelwoord So-en-So praat en hulle in die fynste besonderhede slegsê, kan jy verwag dat jou kinders in minder onbeskofte terme na hulle eie tydgenote verwys?

As jy as grootmens gereeld jou vriende onderbreek as hulle iets sê, sal dit jou pla as jou kinders ook gereeld intjip?

Daar is soveel terreine waar maniere deesdae tweede – vals – viool speel. Ons lewe in ‘n kitsbevrediging-samelewing waar mens dikwels net raaksien as iemand anders onbeskof optree, maar jou eie onbedagsame optrede miskyk.

Die tweede oplossing, is, volgens my, om bedagsaamheid te kweek. Dink aktief hoe elke aksie van jou ‘n ander raak. Leer jou kinders om te dink oor hoe hulle optrede ander raak. Beklemtoon bedagsaamheid met elke geleentheid.

As jy gereeld raas – of jy nou ’n skoolkind in ’n skoolbank is wat gereeld só gesels dat jou bankmaat nie kan aandag gee aan wat die onderwyser verduidelik nie; of as jy ’n buurman is wat só luidrugtig partytjie hou dat jou bure teen 02:00 soggens wanhopig sillikon aan die vensterrame probeer smeer in die hoop op gedempte klanke… Hoe kan jy verwag dat jou kinders vanself sal weet dat daar sekere tye is dat dit net blote bedagsaamheid is om stil te bly?

Moenie Sondae voor sewe – maak dit agt – jou kleuters toelaat om met hulle plastiekmotorfietsies heen-en-weer onder die bure se slaapkamervenster te jaag, gil, huil, skree, skel, luisterryk bots, skel, skree, huil, gil, jaag nie.

Moenie self snags na pampoenuur dronkverdrietig in ’n skare  op jou stoep Laurika-liedjies uitween nadat die bure al vir die sesde maal beduie het “Asseblief, bly stil, ons kinders – en JOU kinders – probeer slaap “… nie.

Dis plein swak maniere, man.

Het jou ma jou nie geleer nie?

Klik hier om al Ina Genade se blogplasings vir rooi rose te lees

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vetplante vir beginners

Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…

14 hours Gelede

Karlien van Jaarsveld op ‘Laataand by Rian’: “Ek sou dieselfde keuses maak”

As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…

16 hours Gelede

Amasi-platbrood

Resep:  'Dairy Gives You Go'    Bestanddele   2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…

17 hours Gelede

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers deur Salomé Delport. Hooffoto: zozzzzo/istock images    As jy na veertig begin…

1 day Gelede

Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur het nie

Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur…

1 day Gelede

Inspirerende stories, Teater en Pa-wees: Dean Balie se volgende hoofstuk

Hy is in 1989 op Springbok gebore en hierdie uitsonderlike deel van ons land was…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.