Elma Postma en Paul Potgieter is op 14 Desember 2016 in Limpopo getroud. Elma was ’n pragtige bruid in ’n elegante sjampanjekleur rok met fyn detail.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Foto: Anne Grace photography
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Caster Semenya het op 7 Januarie 2017 met haar lewensmaat, Violet Raseboya, getrou. Die troue het op dieselfde dag as Semenya se verjaardag geval.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Caster het hierdie foto op Instagram gedeel met die byskrif: “Ons perfekte dag.”
Foto: Instagram
Radioraps se Jonathan, oftowel Rikus de Beer, het aan Kaylee van den Bergh verloof geraak. Die goeie nuus is op 26 Desember 2016, ’n dag na Kersfees, op Facebook gedeel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Foto: Facebook
Wayde van Niekerk het aan sy meisie, Chesney Cambell, verloof geraak en ’n kort video op Intragram gedeel. In die video kan sy aanhangers die ring sien, met die woorde “Sy het ‘ja’ gesê,” daarby geskryf.
Foto: Instagram
Franja du Plessis en haar kêrel, Willie Engelbrecht, wat al vir sowat ses jaar uitgaan, is ook verloof. Franja spog al ’n geruime tyd met ’n ring aan haar ringvinger op Sosiale Media, wat haar aanhangers laat wonder het. Nou weet ons!
Foto: Instagram
Karlien van Jaarsveld het hierdie kosbare foto van haar en haar seuns op Instagram gedeel op haar verjaardag, met die byskrif “My grootste geskenk.” Dit lyk of sy ’n lekker tyd by die see gehad het saam met familie en haar verloofde.
Foto: Instagram
Angelique Gerber het hierdie foto van haar vietse lyfie en baba Jaques op Oujaarsdag gedeel. Sy skryf daarby dat sy die laaste dag van 2016 saam met haar “gunstelingpersoon in die hele wêreld,” deurbring.
Foto: Instagram
Minki van der Westhuizen het haar goedverdiende ruskans na Boer Soek ’n Vrou op die strand spandeer. Op die foto wys Minki hoe sy ’n bietjie sonvang en skryf speels by dat sy haar dubbelken met haar vingers wegsteek.
Foto: Instagram
Ivan Botha en Donnalee Roberts het Kersfees saam spandeer en Ivan het hierdie foto op Instagram gedeel. Hy skryf by: “Geseënde Kersfees almal. Mag julle dag vol liefde en vrede wees.”
Foto: Instagram
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.