Stem ja of nee op ons vraag in “Wat dink jy?” en jy kan ‘n DIEGO DALLA PALMA PROFESSIONAL geskenkpak ter waarde van R3 395 wen!
DIEGO DALLA PALMA PROFESSIONAL word internasionaal as sinoniem met professionele velsorg beskou. Hul navorsing en ontwikkeling word in noue samewerking met dermatologiese en farmaseutiese fakulteite by die wêreld se voorste universiteite gedoen en lewer aan velsorgterapeute vandag (en die toekoms) die mees gevorderde produkte en behandelingsmetodes. Natuurlike plantekstrakte word gekies vir hul spesifieke aktiewe bestanddele wat die beste resultate tydens behandeling verseker wat ook by elke individuele kliënt se velsoort pas.
Die Italiaanse velsorgpionier, Diego Dalla Palma, en DIEGO DALLA PALMA PROFESSIONAL het in 2013 SKINLAB, die paraben-vrye dermo-kosmeseutiese velsorg-reeks bekend gestel. DIEGO DALLA PALMA PROFESSIONAL voldoen aan eko-vriendelike gesertifiseerde produksieprosesse. Hulle gebruik toenemend sonkrag en streef om hul waterverbruik waar moontlik te beperk. Hulle gebruik verpakking van die FSC (Forest Stewardship Council) wat uit volhoubare en verantwoordelik bestuurde woude geproduseer word.
DIEGO DALLA PALMA PROFESSIONAL Laboratories het die revolusionêre 51 + 3 HYALU COMPLEX ™ gepatenteer wat sellulêre kommunikasie bevorder, mikro-sirkulasie en metabolisme stimuleer sodat die vel homself meer doeltreffend kan ontgiftig, bevogter en vernuwe.
Die handelsmerk het nou ‘n versterkte lyn met Hyalu4Plump bekend gestel. Dit is ‘n gekalibreerde kompleks van 4 Hyaluroniese sure elk met sy eie molekulêre gewig / grootte. Dit bied ‘n multi-vlak bevogtiging en verskillende vlakke van voeding en intensiteit vir alle ouderdomme en velsoorte.
Besoek hul hul op facebook en Instagram.
Voltooi die vorm en vraag onder. Kompetisie sluit: 30 Junie 2019.
VRAAG: Voel jy ander behandel jou met respek?
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”461″ title=”true” description=”true”]