Stem ja of nee op ons vraag en jy kan ’n Coverderm-geskenkpak van R4 103 wen.
Die Coverderm-handelsmerk word wêreldwyd deur mediese spesialiste en grimeerkunstenaars aanbeveel. Alle Coverderm-produkte is hipo-allergenies en bied gevorderde kundige oplossings vir alle velsoorte en -kondisies.
Reinig en behandel jou vel met Coverderm Removing Cream en Extra Care Lotion. Gekombineer, verwyder dit effektief alle waterdigte produkte terwyl dit die vel behandel. Afskilfering van die vel laat dit baie beter funksioneer en enige aktiewe bestanddele word meer effektief geabsorbeer. Luminous Exfolia is ’n sagte, effektiewe en behandelende afskilferaar en laat die vel glad met ’n stralende gloed.
Hou jou vel hierdie winter gehidreer met Maxydrat Visage, Maxydrat Yeux en Maxydrat Serum. Dit stimuleer die vel se hidrasie-meganisme op al drie vlake (op die oppervlakte, tussen selle en binne die selle) en is ideaal vir mense met psoriase, ekseem of aknee. Die Complete Care CC Cream For Face, met 26 aktiewe bestanddele en 12 skoonheidsvoordele, verhelder die veltoon, voed, bevogtig en kalmeer die vel. Kombineer dit met die Complete Care CC Cream For Eyes wat help om plooie, verkleuring en donker sirkels om die oë te behandel.
Produkte is landwyd beskikbaar by uitgesoekte takke van Dis-Chem en Clicks, asook by onafhanklike apteke, salonne, aanlyn by coverderm.co.za, of kontak [email protected].
Kompetisie sluit: 10 Junie 2018 om 24:00
[gravityform id=”373″ title=”true” description=”true”]