#MeToo het alles begin met die aanklagtes teen Harvey Weinstein, die Hollywood-vervaardiger wat verskeie aktrises seksueel geteister en aangerand het. Verlede week het baie vroue in die industrie begin praat oor hul ervarings met Weinstein en hierdie gesprekke het verskeie reaksies ontlok waar ander mense na vore gekom het om te praat oor hul eie ervarings van seksuele teistering en aanranding.
Die #MeToo-hutsmerk op sosiale media het dit uitgewys.
Die aktrise Alyssa Milano het die bal aan die rol gesit met ’n twiet waar sy vra dat enigeen wat al seksuele teistering of aanranding beleef het, #MeToo moet gebruik in hul sosiale media-inskrywings. Dit kom nadat sy met ’n vriendin gesels het en besluit het dat so iets sal bewys hoe groot die probleem van seksuele teistering en aanvalle werklik is.
If you’ve been sexually harassed or assaulted write ‘me too’ as a reply to this tweet. pic.twitter.com/k2oeCiUf9n
— Alyssa Milano (@Alyssa_Milano) October 15, 2017
Hierdie hutsmerk het wêreldwyd posgevat met bekendes wat noem dat hulle ook al geraak is deur seksuele teistering of aanranding, insluitend Lady Gaga, Debra Messing, Anna Paquin, America Ferrera, ons eie Erica Wessels en Barbara-Marie Immelman om ’n paar te noem. Tik #MeToo in ’n soekenjin en kyk hoeveel twiets en facebook-inskrywings verskyn.
— xoxo, Gaga (@ladygaga) October 15, 2017
Me too https://t.co/ScX67Kmmiy
— Debra Messing (@DebraMessing) October 15, 2017
Me too
— Anna Paquin (@AnnaPaquin) October 15, 2017
Me too. #MeToo
— America Ferrera (@AmericaFerrera) October 16, 2017