kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wat alle ouers moet weet oor allergie en wanvoeding

Wat alle ouers moet weet oor allergie en wanvoeding deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/skynesher

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe hou allergieë en wanvoeding verband?

Wanvoeding stapel nóg ’n klomp probleme op die allergie, sê dr. Marinda McDonald, allergiespesialis van die Rosebank-allergiekliniek.

“As ’n melkallergie by ’n kind gediagnoseer word, sny baie ouers bloot alle melk en melkprodukte uit sy dieet, sonder om daarvoor te vergoed. Kleiner kinders kan dan tekorte ontwikkel aan veral proteïene, plus die vitamiene en minerale waaraan melk ryk is, soos kalsium, kalium en vitamien D. As jy melk uitsny, het jy ’n alternatiewe dieetplan nodig wat die uitgeslote voedingstowwe vervang. Jy kan ook nie sommer net koeimelk deur ander dieremelk vervang nie. Baie kinders is daarvoor net so allergies. Verder word soja liefs vermy vir kinders onder ses maande, weens die omstredenheid oor die fito-estrogeen daarin. Buitendien, sowat die helfte van die kinders wat vir koeimelk allergies is, is ook vir sojamelk allergies. Verder is daar verskillende vorms van melkallergie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

iStock/PeopleImages

Wat om te doen as jou kind ’n melkallergie – of enige ander allergie – het?

Haar raad:

  • Begin met ’n akkurate diagnose deur ’n dokter of kliniek wat hierin spesialiseer
  • Vervang jou kind se melk deur ’n korrek uitgewerkte eetplan
  • Neem jou kind jaarliks vir ’n opvolgondersoek. Baie kinders ontgroei hul allergie, en kan lateraan normaalweg melk gebruik, met al die voordele daarvan.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.