Jou beursie
’n Klein begroting hoef nie te beteken jy kan nie kwaliteit bekom nie. Vermy modieuse kleure. ’n Wit model kan jou heelwat spaar. Tradisionele bo-laaiers is goedkoper maar gebruik meer energie.
Waterbesparing
Voor-laaiers gebruik minder water. Bo-laaiers moet vol getap word om te was en te spoel.
Vlekke
Soek ’n masjien met ’n spesiale siklus vir vlek-verwydering.
Beskerm jou klere
Kies ’n voor- of bo-laaier sonder ’n roertoestel. Dit verhoed dat klere knoop en verniel.
Lees ook: Organiseer jou klerekas so