Vraag
Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? – Tirsa van Staden
Antwoord
Dit is baie belangrik om jou grimeerkwassies te was. Die kwassies kan bakterieë kweek en moet een maal elke twee weke gewas word as jy dit slegs op jou eie vel gebruik. Indien jy ’n grimeerkwassie op iemand anders se vel gebruik, was dit na elke gebruik!
Gebruik baba-sjampoe, dit is sag op die borsel se haartjies en sal langer hou. As jy jou kwassies goed op pas kan dit jou tot 10 jaar hou, indien dit van goeie kwalitiet is. Moet nooit jou borsels in water laat staan nie, was dit sagkens en laat dit plat lê, buite bereik van direkte sonlig, om oornag droog te word.
Lees ook: Vinnige vlegsel-bolla