Warmsjokolade met vanielje. Deur Vickie de Beer. Foto deur Donna Lewis.
Warmsjokolade met vanielje
Warmsjokolade met vanielje
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Wonderlike vanielje gee nie net bekoorlike geur aan lekkers en soetgebak nie, maar word ook in die fyn kuns van parfuum maak gebruik. Dié vrug van ’n pragtige orgidee het ’n merkwaardige, delikate en komplekse blomaroma. Dit is naas saffraan die duurste spesery omdat dit so ’n duur en arbeidsintensiewe proses is om die blomme te kweek en die saad te oes en te verwerk.
- Resep vir warmsjokolade met vanielje
- 1 Smelt 100 g (1 blok) donkersjokolade in 1 liter (4 k) warm melk. Sny 1 vanieljepeul in die lengte oop en voeg saam met 2 steranys, 4 kardemom en 1 kaneelstok by die melk. Bring tot kookpunt.
- 2 Meng 80 ml (1⁄3 k) brandewyn en 15 ml (1 e) bruinsuiker deur. Gooi in warm glasies of bekers.
- 3 Sit voor met sjokoladehawermoutkoekies.
- Lees ook: Resep vir Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters
Lees nog:
Michelle Nortje
Lees Meer
Stokvis met ’n krakerige bulgurkors
27/11/2024
Blitsige roomys
21/11/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024