kategorieë: Gesondheid

Warmgloede en pille

Moenie verras wees as jy op nuwe medikasie is en opmerk jy is sweterig nie. Talle medikasies het ’n rooi gloed met of sonder sweet tot gevolg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Baie medikasies laat jou bloedvate vergroot, wat tot die blos lei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waar ’n menopousale blos of ’n NET-blos kom en gaan is die medikasiegloed heeltyd teenwoordig tot die medikasie uit jou gestel uitgewerk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is sweet en ’n rooi kleur van medikasie gevaarlik?

Nee. Dit is meestal niks meer as ongemaklik nie. Maar vra jou apteker of ’n gloed een van die newe-effekte van jou medikasie kan wees. Praat ook met jou dokter, want daar is dikwels ander medikasie beskikbaar wat jou nie sal laat sweet nie, of dalk minder sal laat sweet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Medikasies wat ’n rooi gloed veroorsaak

Hier is die algemeenste medikasies wat gloede veroorsaak.
(Ons gee generiese name in Engels, om identifikasie op medikasiehouers makliker te maak)

• Niacin, nicotinic acid, vitamin B3 (As jy ’n vitamien B-kompleks gebruik sal dit ingesluit wees.)
• Talle bloeddrukmedikasies, spesifiek die vasodilators (Jy is waarskynlik op ’n bloeddruk medikasie as jy ’n hoë risiko op beroerte het, hoë bloeddruk het of sekere hartkwale het)
• Nitroglycerin (voorgeskryf vir sekere hartkwale)
• Prostaglandins (voorgeskryf vir onder meer sekere hartkwale, hoe bloeddruk, maagsere, erektiele disfunksie en gloukoom)
• Amyl nitrite, butyl nitrate (voorgeskryf vir hoë bloeddruk en hartkwale)
• Cholinergics
• Tamoxifen (gebruik vir borskanker)
• Cyproterone acetate (gebruik vir onder meer prostaatkanker, aknee en hirsutisme)
• Sekere kortisone, vir allergie en asma)
• Sildenafil (gebruik vir erektiele disfunksie, swak ereksie)
• Cyclosporine, rifampin, rifampicin (Antibiotika)
• Morphine

* Lees ook oor die NET kankers wat ’n droë hittegloed kan veroorsaak.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

6 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

16 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.